Munisipale skuld skiet op na N$1,1 miljard
Die burgemeester van Windhoek, me. Fransina Kahungu, sê inwoners van die hoofstad skuld N$1,1 miljard. Kahunga het tydens die maandelikse stadsraadsvergadering gesê dit is 20% meer as drie maande gelede. Volgens haar word dienslewering deur die wanbetalings geraak en moet niemand verbaas wees as die stadsraad drastiese stappe neem om die situasie te probeer beredder nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie