Munisipale bus val om
'n Munisipale busbestuurder van Windhoek se voet was vir meer as twee ure onder 'n bus vasgeklem
voor die bus uiteindelik gelig kon word.
Die bus het na bewering Donderdag omstreeks 06:30 op 'n nat Sam Nujoma-rylaan gegly en op sy sy beland. Dit het 26 passasiers en die bestuurder, mnr. Heikke Ndipada, aan boord gehad. Een passasier is ernstig beseer.
Noodpersoneel van Windhoek se brandweer het vir meer as twee ure probeer om die bus van Ndipada se voet af te lig om hom te bevry.
Hy is uiteindelik net na 09:00 per ambulans na die hospitaal vervoer. Die ongeluk het reuse-verkeersontwrigtings veroorsaak en die toneel is eers teen 10:00 opgeruim.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie