MultiChoice Namibië vier sy Silwer Jubileum

Lloyd Zandberg
Op 27 Julie het MultiChoice Namibië 25 jaar oud geword en behoorlik makietie gehou!

Dit was ligte, kamera, en aksie!

Van Namibië se beste kunstenaars het die skare behoorlik vermaak.

Dié galageleentheid was by MultiChoice Namibia se hoofkantoor in Eros, Windhoek, met die tema “Choice”.

MultiChoice Namibia se Silver Jubileum merk 'n tyd van verandering vir die organisasie.

Vir die volgende 25 jaar sal MultiChoice toegewyd bly daaraan om kliëntediens die kern van hul besigheid te maak.

Pres. Hage Geingob en eerste dame, me. Monica Geingos, was ook by die vieringe teenwoordig.

Gaste het top- regeringsamptenare ingesluit, onder wie mnr. Stanley Simataa, adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Alpheus Naruseb, minister van werke en vervoer, en mnr. Nangolo Mbumba, Swapo se sekretaris-generaal. Gewilde lede van die MultiChoice Africa-familie het van heinde en verre vir die vieringe gekom.

Ter viering van hul 25ste verjaarsdag het MultiChoice met Namibiese ikone in die land gesels om uit te vind hoe hul lewens deur dié reus beïnvloed is.

Michelle McLean-Baily was van een van hulle.

Die klippie in die dam skep 'n rimpel vir verandering

Michelle McLean-Bailey se loopbaan as model het op die ouderdom van 13 begin. In 1991 is sy as Mej. Namibië gekroon.

’n Jaar later het sy aan die Mej. Heelal-kompetisie deelgeneem en gewen. Vandag is sy steeds die eerste en enigste Namibiër wat oor hierdie titel beskik.

Michelle was ook ’n groot rolspeler in die proses om die Mej. Heelal-kompetisie na Namibië te bring.

In 1995 het dié geleentheid in Namibië plaasgevind weens Michelle se betrokkenheid.

Sy was ook ’n aanbieder en gasvrou op M-Net van 1995 tot 2003.

Tydens die FIFA Wêreldbekersokker in 2010 was sy ook die gesig van ’n leefstylprogram wat tydens die toernooi uitgesaai is.

Michelle is alombekend in internasionale mediakringe as ’n entrepreneur en filantroop en het in 1992 die Michelle McLean Children Trust (MMCT) begin. In 1998 het Donald Trump vir Michelle met ’n Lifetime Achievement Award bekroon vir haar filantropiese werk dwarsoor die wêreld . Tans is Michellle ’n internasionale motiveringspreker en woon in die VSA.

Michelle, wat is jou filosofie in die lewe?

Dit is vir my belangrik om mense te bemagtig en waarde tot hul alledaagse lewens toe te voeg. Dit was een van die hoofredes hoekom ek die Michelle McLean Children Trust begin het. Ironies genoeg vier ons ook hierdie jaar ons 25ste bestaansjaar. Kan jy glo?

My passie was nog altyd om met ander te deel wat ek in my lewe het. Tydens my grootwordjare in Namibië het ek besef dat daar ’n groot behoefte aan ondersteuning in die gemeenskap is. Die platform wat Mej. Namibië en later Mej. Heelal my gebied het, het ek gebruik om miljoene in te samel waarmee die meeste van die Michelle McLean Children Trust se projekte begin is.

Tans woon ek en my man, Gary Bailey (’n voormalige doelwagter van Manchester United en TV-aanbieder vir Supersport), in Miami in die VSA. Ons is beide motiveringsprekers met “Success under Pressure” as hooftema.

Ons leef elke dag ons passies uit deur mense te help om ’n suksesvolle, gelukkige en gesonde lewe te lei.

Is dit wat jy nog altyd wou doen?

My loopbaan het ontwikkel nadat ek as Mej. Heelal gekroon is, waarna ek vir 25 jaar op TV die aanbieder van verskeie programme was.

Ek het ook by groot geleenthede as gasvrou opgetree. Dit het daartoe gelei dat ek ’n motiveringspreker geword het.

Vandag het ek die geleentheid om deur die wêreld te toer saam met my man en beste vriend. Ek sou sê dit is ’n droomwerk.

Wat was jou grootste sukses tot nou toe?

My lewe is op so baie gelukkige maniere verander, maar my grootste sukses is toe ek my seuntjie, Luke, se ma geword het. Om ’n ma te wees is die grootste geskenk. Mej. Heelal was ook ’n geweldige prestasie vir my, wat gehelp het om Namibiërs op te voed en hul drome ’n werklikheid te maak.

Watter hoogtepunte het jy by MultiChoice beleef?

Tydens my jare as M-Net-aanbieder het ek baie oor verskillende onderwerpe geleer en die geleentheid gehad om te reis na van die mooiste plekke in die wêreld. Ek onthou spesifiek ons reis na Egipte vir ’n groot funksie wat in Kaïro plaasgevind het. Ek het Egipte al voorheen besoek en het my ervaring van kameelry geheim gehou. Nie net verg dit moed om op ’n kameel te ry nie, maar die stank wat daarmee gepaard gaan, is nogal oorweldigend. Die grootste uitdaging was om ons ‘pose’ te hou terwyl die kameras rol. Ons moes heeltyd maak of dit die beste ervaring van ons lewens was, en dat elke liewe mens dit eendag moet probeer. Dit was baie snaaks.

Wanneer jy in Namibië of Suid-Afrika is, is daar ’n spesifieke DStv-kanaal wat jy graag kyk?

Ek was nog altyd gaande oor die fliekkanale en oor Carte Blanche. Ek is ook mal oor kykNET omdat ons nie Afrikaans in Amerika het nie. Ek het met die Afrikaanse kultuur grootgeword, so dit is vir my wonderlik om my vriende en kollegas van die buiteland af dop te hou.

Hoe het MultiChoice jou lewe verryk?

As aanbieder en gasvrou van verskeie TV-programme het M-Net my die geleentheid gegee om meer te verstaan en om in die gemeenskap te werk. Om deel te wees van die MultiChoice- en M-Net-familie vir soveel jare het gesorg dat ek miljoene dollars met minderbevoorregte kinders kon deel. Een van die projekte wat ’n riem onder my hart was, is die M-Net Cares-inisiatief. As TV-aanbieder kon ek my liefde vir die vermaaklikheidswêreld ten volle uitleef. Die programme waarby ek betrokke was, het gewissel van tydskrifte, leefstyl, musiek, e-commerce, motors, reise en besoeke aan bekende persoonlikhede se huise. Sonder enige twyfel het hierdie ondervinding my veelsydigheid in die mediabedryf ontwikkel. Later het dit my loopbaan as gasvrou en motiveringspreker laat afskop.

Wat is volgende vir Michelle McLean-Bailey?

Ek werk steeds aan projekte vir die Michelle McLean Children Trust. ’n Spesifieke projek waaraan ek tans werk, is om 10 studente van die Leadership-skool in Miami, insluitende studente van die Michelle McLean Primary School, by ’n uitruilprojek te betrek. Hierdie uitruilprojek is hoofsaaklik om studente bloot te stel aan die belangrikheid van die bewaring van diere en woestyne.

Terselfdertyd is Inspire Transformation, nog ’n niewinsgewende organisasie in Miami, besig om die gemeenskap oor geslagsgebaseerde geweld in te lig. Ek gaan teen die einde van die jaar nog projekte bekend stel waarby die Rotary International Foundation betrokke is.

Die geld wat ek hier in Amerika insamel, word in Namibiese gemeenskappe teruggeploeg. Verder gaan ek en Gary aanhou reis en hopelik ’n paar motiveringspraatjies in Namibië en Suid-Afrika doen.

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.97/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.74/lb UP +2.82% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 1 000.60/OZ UP +0.75% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.97/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.74/lb UP +2.82% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 1 000.60/OZ UP +0.75%