Muilband-aansoek deur Intelligensiediens oor plase in die hof
Muilband-aansoek deur Intelligensiediens oor plase in die hof

Muilband-aansoek deur Intelligensiediens oor plase in die hof

Ronelle Rademeyer
Die verhoor van die dringende aansoek vir ‘n interdik waarmee die Namibië se Sentrale Intelligensiediens (NCIS) ‘n weekblad se mond oor moontlike korrupsie met die aankoop van plase wil snoer, duur onverpoos voort.
Groot openbare belangstelling heers in hierdie muilband-aansoek teen The Patriot en die openbare gallery in Hof F is volgepak. Regter Harald Geier wou nie eens ‘n teepouse toestaan nie.
Mnr. Norman Tjombe, vir The Patriot, is tans besig om te betoog nadat adv. Dennis Khama, vir die Intelligensiediens en die regering, vanoggend sowat drie ure lank geargumenteer het.

Kommentaar

Republikein 2026-07-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer