Mugabe: Zim gou weer 'broodmandjie van Afrika'
Mugabe: Zim gou weer 'broodmandjie van Afrika'

Mugabe: Zim gou weer 'broodmandjie van Afrika'

Pres. Robert Mugabe sê Zimbabwe sal binnekort weer die status van die “broodmandjie van Afrika” terugkry.

Dit volg nadat Zimbabwe vanjaar 'n groot mielieoes aangeteken het.

Zimbabwe, wat voorheen mielies na sy buurlande uitgevoer het, voer mielies in sedert 'n grondhervormingsprogram wat in 2000 begin is waarin grond van hoofsaaklik wit boere weggeneem is. Dit grond is toe onder swart bestaansboere verdeel.

Mugabe het Vrydag op Zanu-PF se jeugbyeenkoms in die Somhlolo-­stadion in Lupane gesê dit sal nie vanjaar nodig wees nie.

Hy skryf dit toe aan hoë reënval en die regering se pogings om voedselsekuriteit deur middel van plaaslike produksie aan te moedig. Mielies is as deel van die plan geprioritiseer.

“Ons is bly dat die plan tonne mielies opgelewer het. Ons gaan nie volgende jaar mielies invoer nie,” het Mugabe gesê.

Zimbabwe het die mielies van lande soos Zambië, Mosambiek en Malawi ingevoer, waarheen die meeste van die land se kommersiële wit boere verskuif het nadat hulle in die omstrede grondhervormingsprogram van hul eiendomme geskop is.

“Ons kan nou kos vir ander land produseer en ons kan nou ons status as die broodmandjie van Afrika herstel,” het Mugabe gesê. – News24

Kommentaar

Republikein 2025-08-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer