Mufenda bly sit oor Vredendal-aanval
Mufenda bly sit oor Vredendal-aanval

Mufenda bly sit oor Vredendal-aanval

DIE Namibiese man wat in verband met ?n plaasaanval op ?n bejaarde egpaar op Vredendal aangekla is, het Dinsdag in die landdroshof sy borgaansoek teruggetrek.

Die 24-jarige mnr. Immanuel Hamutenya Mufenda het Dinsdag op klagte van roof en huisbraak met die opset om te roof in die landdroshof of Vredendal verskyn om vir borgtog aansoek te doen, maar het die aansoek teruggetrek. Die beskuldigde se saak is tot volgende Donderdag uitgestel.

Drie Afrikaanssprekende mans, onder wie die Namibiese beskuldigde, het ?n 86-jarige boer, mnr. Stoffel Stoumann, met ?n skroewedraaier aangeval en sy 84-jarige vrou, me. Gesie Stoumann, se bene vasgebind.

Die booswigte het toegang tot die huis op die plaas Excelsior verkry deur die agterdeur oop te dwing waarna hulle die egpaar oorrompel het. Die Stoumanns is nie ernstig beseer nie, maar het mediese behandeling op die toneel ontvang.

Die aanvallers het gevlug nadat hulle ?n vuurwapen en kontant geroof het. Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet.

Mufenda, tans woonagtig in die Vredendal-omgewing, se identiteit is onthul deur middel van sy vingerafdrukke wat op die misdaadtoneel gevind is. Hy is tevore in verband met ?n dwelmmisdaad in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2026-05-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer