‘Mueller ses tot agt keer geskiet’
Dr. Augusto Gawab het gister in die hoërhof in Windhoek oor die slagoffers se nadoodse ondersoeke getuig.
Ellanie Smit – Mnr. Eckhart Mueller (72) is op 15 April 2019 tussen ses en agt keer by die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (NIMT) by Arandis geskiet.
Die staatspatoloog dr. Augustu Gawab van die Walvisbaai-staatshospitaal het gister as staatsgetuie voor regter Christie Liebenberg in die dubbele moordverhoor teen mnr. Ernst Lichtenstrasser in die Windhoek-hoërhof getuig.
Lichtenstrasser, ’n voormalige dosent van NIMT se Tsumeb-kampus, word van die moord op Mueller en mnr. Heimo Hellwig (60) beskuldig wat onderskeidelik die uitvoerende direkteur en adjunkdirekteur van die instituut was.
Gawab wat die nadoodse ondersoeke op 17 April 2019 op beide slagoffers uitgevoer het, het gesê Hellwig is drie keer geskiet.
Volgens Gawab was kopskote die oorsaak van hul dood.
Hy het gesê Mueller is twee keer in die kop geskiet, asook drie keer in die bors, twee keer in sy regterarm en een keer in sy linkerhand se pinkie.
Gawab het bygevoeg dat die laaste drie wonde van een patroon of verskillende patrone kon gewees het.
Slegs patroonsplinters of -punte kon in Mueller se liggaam gevind word.
Gawab het verduidelik Mueller was waarskynlik eers in die bors geskiet en toe in die kop, want daar was verdedigende wonde aan sy hand wat aandui dat hy homself probeer beskerm het. Hy het gesê toe Mueller in die kop geskiet is, is sy brein beseer wat tot ’n byna onmiddellike dood gelei het.
Gawab het gesê Hellwig is twee keer in die bors geskiet en een keer in die kop.
“Hellwig kon gestaan het en die skote het by sy borskas vanaf die sye in- en uitgegaan, wat aandui dat hy steeds gelewe en kon beweeg het,” het Gawab gesê
Gawab bevraagteken die getuienis van NIMT se koshuismatrone, me. Gertrud Naobes, wat Dinsdag getuig het Hellwig kon nog sy hand en lippe beweeg toe sy op die toneel aangekom het nadat sy die skote gehoor het.
Gawab het gesê dit kon onwillekeurige gebare of reflekse gewees het en nie willekeurige bewegings nie.
Adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef verskyn vir die staat en Lichtenstrasser word deur regshulpprokureur, mnr. Albert Titus, verteenwoordig. Die verhoor duur voort. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie