Mudge meen Covid-19 is bog
Mudge meen Covid-19 is bog

Mudge meen Covid-19 is bog

'n Opposisieleier, wat in 'n stadium positief vir Covid-19 getoets het, het uitgevaar teen groot wêreldmoondhede wat glo vir die pandemie­ verantwoordelik is.
Denver Kisting
Denver Kisting

Die leier van die Republican Party (RP), mnr. Henk Mudge, meen Covid-19 is niks anders as 'n klug nie.

Hy en ander familielede het wel die siekte onder lede gehad, het hy toegegee, maar het intussen herstel.

Daarom het hy op Dinsdag en verlede week se nuuskonferensies nie 'n masker in die openbaar gedra nie.

Want, voer hy aan, hy kan nóg iemand aansteek, nóg aangesteek word.

Mudge se pa, die veteraanpolitikus mnr. Dirk Mudge (92), is op 26 Augustus dood nadat hy positief vir Covid-19 getoets het.

Volgens Mudge Junior is sy pa egter nie weens Covid-19 nie – maar mét die virus – oorlede.

Die RP-leier het aangevoer hy het omvattende navorsing gedoen oor wat hy die beweerde virus noem. Alle aanduidinge is dat groot magte agter die virus skuil, soos weerspieël in die hoofstroommedia se optrede om skeptici se monde te snoer, beweer hy.

Al wat regulasies, wat ten doel gehad het om die verspreiding van die virus hok te slaan, reggekry het, was om lande se ekonomieë te verwoes, het hy gesê.

Pres. Hage Geingob sou na verwagting gister die Namibiese regering se voortgesette Covid-19-plan bekend maak.

Die huidige regime het om middernag ten einde geloop.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer