MTN se handelsnaam steeds goud werd
MTN se handelsnaam steeds goud werd

MTN se handelsnaam steeds goud werd

MTN is steeds die waardevolste handelsnaam in Suid-Afrika, terwyl Capitec se handelsnaam die vinnigste groei.
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is die handelsnaam wat die meeste waarde oor die afgelope jaar verloor het, luidens die jongste Brand Finance-verslag oor die 50 waardevolste Suid-Afrikaanse handelsname.

Die waarde van MTN se handelsnaam het in 2017 met 10% tot R40,8 miljard gestyg. MTN was ook in 2016 die land se waardevolste handelsnaam.

Vodacom is, soos ook in 2016, die maatskappy met die naasgrootste handelsnaam. Die waarde van sy handelsnaam het met 10% tot R24,26 miljard gestyg.

Vodacom is egter besig om die voorloper in te haal en die gaping word kleiner met MTN se handelsnaamwaarde wat byna 30% laer is as op sy hoogtepunt in 2014, sê Brand Finance.

Die banksektor oorheers die boonste 50 handelsname met nege name met ’n gesamentlike handelsnaamwaarde van R100 miljard in dié sektor. Dit maak sowat 25% van die totale handelsnaamwaarde van al die maatskappye uit.

Die banksektor het ook vier handelsname in die toptien naamlik Standard Bank (3), Absa (6), FNB (7) en Nedbank (10).

Capitec is in die 28ste plek, maar volgens Brand Finance is dit die handelsnaam wat die vinnigste groei. Dié bank se handelsnaamwaarde het die afgelope jaar met 25% gestyg tot R5 miljard.

Telekommunikasiemaatskappye is die naasgrootste bedryf met ’n gesamentlike handelsnaamwaarde van R73 miljard, gevolg deur kleinhandelmaatskappye. Dié sektor se totale handelsnaamwaarde is R49 miljard.

Daar is ook nege handelsname van kleinhandelaars in die top-50. Spar het die vinnigste onder die kleinhandelaars gegroei; sy handelsnaamwaarde het met 15% tot R10,4 miljard gestyg.

Shoprite, in die 12de plek, is die waardevolste handelsnaam onder die kleinhandelaars en staan op R11,1 miljard.

Brand Finance beoordeel die handelsname met ’n bepaalde metodologie, wat insluit om die handelsnaam se waarde te bepaal. Hy doen ook ’n berekening van ’n tantièmekoers wat betaal sou word vir die gebruik van die handelsnaam en saam met die geskatte inkomste word ’n waarde bereken.

Jeremy Sampson, direkteur van Brand Finance, sê die totale waarde van die handelsname het ondanks ’n resessie, politieke onstabiliteit en hoë werkloosheid die afgelope jaar met 3% gestyg van R384 miljard tot R395 miljard.

“Suid-Afrika is baie tipies van ’n ontluikende mark, met ’n ekonomie wat gebou is op natuurlike hulpbronne en mynbou, en wat ondersteun word deur die bankwese en telekommunikasiemaatskappye,” sê Sampson.

“Wanneer ’n land egter sukkel om teen 1% te groei, terwyl sy handelsname met 3% groei, sê dit baie oor die potensiaal vir die toekoms as daar nie ingemeng word nie.”

Daar is vanjaar vier nuwe handelsname onder die top-50: EOH (37), Sasko (45), HiFi Corp (47) en OUTsurance (50).

Die vier handelsname wat uitgeval het, is SABMiller, Imperial, Nampak en Game.

Naas Capitec is die snelgroeiendste handelsname Foschini en Growthpoint. Foschini (42ste) se handelsnaamwaarde het met 25% tot R2,4 miljard gestyg. Growthpoint (49ste) se handelsnaamwaarde is op R1,7 miljard – 17% hoër as ’n jaar gelede.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is die handelsnaam wat die afgelope jaar die grootste daling in waarde getoon het. Sy handelsnaamwaarde het met 24% tot R1,89 miljard gedaal en hy het van die 42ste na die 46ste posisie op die lys afgesak. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.02/OZ DOWN -0.0054 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0092 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.69/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 1 060.06/OZ DOWN -0.0092 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.02/OZ DOWN -0.0054 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0092 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.69/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 1 060.06/OZ DOWN -0.0092