MTC-torings skiet op
MTC-torings skiet op

MTC-torings skiet op

Augetto Graig
MTC het 14 nuwe selfoontorings landwyd binne ’n kwessie van vier maande opgerig.

Volgens MTC se woordvoerder, mnr. John Ekongo, is dit deel van MTC se voortgesette netwerkuitbreidingsprogram - veral in landelike gebiede.

"Die belegging in ons netwerk is ’n absolute prioriteit, want ons moet by ons kliënte se snelgroeiende aanvraag bybly. Tussen Februarie en Mei vanjaar het ons 14 nuwe torings in Okahandja, Rehoboth, Tschudi, Windhoek (Soweto), Otjiwarongo, Otjokavare, Fransfontein, Swartbooisdrif, Katima, Rundu Mall en by die Sekondêre Skool Dr. Lemmer opgerig.

"Ons sal voortgaan om nog meer torings deur die loop van die jaar op te rig," het mnr. Tim Ekandjo van MTC by dieselfde geleentheid gesê.

Ekandjo sê MTC is besorgd daaroor dat dit meer as ses maande neem om omgewingsvrystelling te kry voor ’n toring opgerig kan word. Dit vertraag die proses.

Volgens hom is MTC toegewy daaraan om diens te lewer aan mense op die platteland, maar hy sê geduld is belangrik.

"Ons doen ’n beroep op die owerhede om die goedkeuringsproses te bespoedig - veral wat omgewingsbewaring betref. As ’n maatskappy het ons besluit om te verseker dat ontwikkeling op elke hoek van Namibië te sien sal wees,” het Ekandjo gesê.

Kommentaar

Republikein 2026-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer