MTC su00ea jammer met data
MTC su00ea jammer met data

MTC sê jammer met data

Terugbetalings is gedoen en van vandag af kry alle kliënte 300 MB se data om verskoning te vra vir verlore data.
Augetto Graig
Augetto Graig



MTC, die grootste verskaffer van mobiele telekommunikasiedienste in die land, het gister om verskoning gevra vir die ongerief wat veroorsaak is gedurende sy onlangse stelselopgradering en het gratis data in die jammerpakkie gegooi.

Die maatskappy het eergister die laaste van die 335 000 kliënte wat krediet en data weens die opgradering verloor het, vergoed, sê die hoof van menslike hulpbronne en korporatiewe kommunikasie, mnr. Tim Ekandjo.

Volgens Ekandjo kan al 2,47 miljoen kliënte van MTC ook vandag om 08:00 uur 300 MB data as troosgeskenk verwag.

Die data is vir 48 uur geldig.

Dié geskenk is vir MTC se vooruitbetaalde kliënte, kontrakkliënte en Turbo Boost-kliënte.

Turbo Boost-kliënte kry 'n ekstra pakket, soortgelyk aan hul huidige pakket, en dit is geldig tot hul volgende betaaldatum, sê hy.

Hy sê ná talle klagtes ontvang is van data wat “verdwyn” en gekoopte krediet wat nie laai nie, het die maatskappy 'n deeglike interne ondersoek ingestel.

Die geraakte kliënte wat geïdentifiseer is, het SMS-boodskappe ontvang oor die terugbetaling van die bedrag, sê hy.

“Daar behoort geen meer kwessies te wees met kliënte wat nie hul terugbetalings ontvang het nie,” sê Ekandjo.

“Ons is nie 'n perfekte maatskappy nie,” sê hy. “Soms maak ons foute.”



Reputasie geknou

Volgens hom sal die maatskappy ook nooit te groot wees om te sê hy is jammer nie. “Ons is werklik jammer,” sê hy.

Volgens hom was die opgradering van die stelsel nodig om nuwe funksies op te stel waarop MTC binnekort verder sal uitbrei. Geen soortgelyke opgradering word vir die afsienbare toekoms beplan nie.

Ekandjo erken MTC se reputasie het weens die probleme met die opgradering skade gely, maar ontken dat baie kliënte om hierdie rede na ander diensverskaffers geskuif het.

“Ons het baie lojale kliënte omdat ons langtermynverhoudings kweek,” sê hy.

Ekandjo kon nie die koste van die terugbetalings bevestig nie, en wou ook nie uitbrei oor hoeveel die 300 MB data-geskenk die maatskappy sal kos nie.

“Ek het dit doelbewus nie uitgewerk nie. Dit is nie in ons karakter om te spog met die koste van 'n troosgeskenk nie,” sê hy.

Ekandjo sê MTC se netwerk sal die verkeer gedurende die gebruik van die paselladata wel kan hanteer.

“As almal gelyk op die stelsel gaan, sal daar 'n opeenhoping wees, maar ons het dit vir 48 uur geldig gemaak om mense tyd te gee om die data te gebruik,” sê hy.



'Melk verval ook'

Ekandjo het ook gesê die tydsbe­perking op die geldigheid van data is internasionale standaardpraktyk.

“Melk verval ook,” sê hy.

Volgens hom geniet Namibiërs boonop toegang tot die tweede goedkoopste data in Afrika, en die goedkoopste suid van die Sahara.

Ekandjo sê daar bestaan nie so iets soos data wat “verdwyn” nie.

“Data kan nooit verdwyn nie,” sê hy en voeg by die Nasionale Reguleerder vir die Kommunikasiebedryf (Cran) het in 2016 MTC se faktuurstelsel getoets en kon nie daarmee fout vind nie.

“Al wat ons stelsel doen, is om vir jou 'n rekening te stuur vir die data wat jy gebruik,” sê hy.

Kliënte moet in ag neem mense gebruik deesdae baie meer sosiale media as voorheen en dus word data vinniger opgebruik.

Sy raad is om die datagebruik van slimfone te monitor, toeps af te sit wanneer dit nie gebruik word nie

en om versigtig te wees met opdatering van toeps omdat dit baie data gebruik.

Die maatskappy is van plan om meer te doen om kliënte hieroor op te voed, sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%