MTC gee vir kankerpasiënte
MTC se personeel het ingespring en geld ingesamel sodat twee mobiele stoeltoilette aan die Dr. AB May-kankersorgsentrum in Windhoek geskenk kan word.
Volgens suster Barbara Gariseb van die sentrum is kankerpasiënte soms baie siek en swak.
"Die toilette is baie ver en dit is ’n probleem as jy so siek is om daar uit te kom. Die skenking is wonderlik vir ons pasiënte en ons is baie dankbaar,” het sy gesê.
Pasiënte by die sentrum lê soms baie lank met 'n chemo-drup en kom nie altyd betyds by die toilette uit nie.
"Dit is vir hulle 'n groot verleentheid. Die skenking maak die lewe vir hulle en ook vir die verpleegsters makliker," het me. Marlene Byleveldt, self 'n kankerpasiënt, beaam.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie