MTC blaas stoom af oor 5G-bewerings
Die mobieletelekommunikasiereus, MTC, sê by monde van sy hoof: menslike kapitaal en korporatiewe aangeleenthede, mnr. Tim Ekandjo (foto), die beweringe dat 5G-tegnologie Covid-19 veroorsaak, is bog.
Hy sê hardnekkige gerugte doen die ronde MTC het in die geheim 5G-torings in die Khomas- en Erongostreek opgerig.
“Die samesweringsteorie sinspeel daarop dat die inperking beplan is sodat Namibiërs binnenshuis kan bly en nie die oprigting van die 5G-torings teenstaan nie.”
Ekandjo sê foto’s word aanlyn gedeel van een toring wat glo op Walvisbaai en een wat na bewering in Auasblick, ’n voorstad in Windhoek, “oornag opgerig is terwyl mense geslaap het”.
Hy sê: “Ons regering het ’n noodtoestand afgekondig weens Covid-19, en Erongo en Khomas is gehok eenvoudig weens daardie rede. Ons moenie ’n bespotting maak van Covid-19 deur kwaadwillige gerugte te versprei nie.”
Ekandjo gee toe ofskoon MTC wel beplan om die nuwe 5G-tegnologie in werking te stel, sal hulle dit in oorleg met hul kliënte doen sodra hulle reg is.
“Gedurende dié moeilike tyd moet mense feite gebruik in plaas van fopnuus om die pandemie te beveg.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie