Mo’unga herinner All Black-breier aan sy klas
Rugby
’n Stukkie briljantheid deur Richie Mo’unga het die Suideiland gehelp om ’n oorwinning uit die kake van ’n nederlaag te gaps.
Die Suideiland het die Noordeiland Saterdag met 38-35 in ’n opwindende rugbykragmeting in Wellington, Nieu-Seeland, geklop.
Reg teen die einde, met die horlosie verby 80 minute, was die wenspan nog met 31-35 agter, maar sterk op die aanval.
En wat doen Mo’unga, sy span se losskakel, toe hy die bal op die voorvoet slegs meters van die Noordeiland se doellyn af kry? Hy gee ’n skoppie wat die vleuel Will Jordan uit die lug pluk en oorduik vir nie net sy tweede drie nie, maar ook ’n sege vir sy span.
Die wenspan se heelagter, Jordie Barrett, was een van sy span se groot uitblinkers. Behalwe dat hy ’n drie gedruk het, het hy ook 13 punte met sy skopskoen bygedra. Maar sy direkte teenstander, Damian McKenzie, was self goed.
Dit is niks nuut dat McKenzie giftig op die aanval en met die bal in die hand is nie. Saterdag was ook geen uitsondering nie, maar een van sy lopies vir Noord het as’t ware op ’n drie vir Suid uitgeloop.
McKenzie het op ’n lopie afgesit en toe hy die bal uitgee, het dit in niemandsland beland. Die gevolg was dat dit op die Suideiland se derde drie en Jordan se eerste uitgeloop het.
Ian Foster, die afrigter van die All Blacks, maak Sondag sy eerste groep bekend. – Netwerk24
Puntemakers:
Suideiland 38 (17): Drieë: Jordie Barrett, Nepo Laulala, Will Jordan (2), Tyrel Lomax. Doelskoppe: Barrett (5). Strafdoel: Barrett.
Noordeiland 35 (14): Drieë: Damian McKenzie, Rieko Ioane (2), Aaron Smith, Ash Dixon. Doelskoppe: McKenzie (5).
FOTO’S
Die Noordeiland se Rieko Ioane op pad na sy eerste drie. Foto Getty Images
Die Suideiland se Will Jordan pluk Richie Mo'unga se dwarsskop uit die lug en gaan druk die wendrie. Foto Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie