Mou kan gou vou
Sokker
Louis De Villiers
Ses van die wêreld se tien rykste sokkerspanne maak driekwart van die Kampioeneliga se kwarteindronde uit.
Die vier wat dit nie kon maak nie, is almal Engels. Een van hulle is die rykste sokkerklub ter wêreld: Manchester United, bestuur deur José Mourinho. Net een van die spanne in die kwarteindronde van die Kampioeneliga tel nie onder die 20 rykstes nie. Nie eens onder die 30 rykstes nie. Om die waarheid te sê, Sevilla is in Europese terme kerkmuise.
Wat natuurlik bydra tot die koue wind wat eensklaps in Old Trafford oor Mourinho waai, want dis sy rykste Rooi Duiwels wat verlede week uit Europa geknikker is deur die laaste oorblywende kerkmuis in die kompetisie.
Om die lewe verder moeilik te maak vir homself, het hy by die nuuskonferensie agterna gesê United moet sweerlik gewoond wees daaraan om in die kwarteindronde van die Kampioeneliga uitgeskakel te word; hy wat José is, het dit immers teen hulle vermag met Porto en Real Madrid!
Dit voel vir ons ouer ballies soos nou die dag dat ’n jong, flambojante Mourinho homself as ’n “Spesiale Een” verklaar het met sy aankoms by Stamford Bridge. Sedertdien het hy hope trofeë gewen met hope spanne, maar selde koning gekraai teen Pep Guardiola van Barcelona-, Bayern- en deesdae Manchester
City-faam. Mourinho teen Guardiola is ’n properse sokkersepie, maar dis so eensydig soos die Bokke teen die All Blacks of Cliff Barnes teen JR Ewing; jy kan die pak slae op die horison voel kom, al kan jy dit nog nie heeltemal sien nie.
Met Mourinho was die storie altyd dat jy nie noodwendig vreeslik aanskoulike sokker gaan sien nie, maar dat hy altyd in sy tweede seisoen die liga wen, was ’n feit soos ’n koei. In sy derde seisoen raak hy in bakleierye betrokke met ander klublede en begin soek hy ’n nuwe uitdaging.
Maar dis nou eers die tweede seisoen. En dis Maart, bra vroeg in die jaar vir die rykste span ter wêreld om tot siens te sê vir ’n betekenisvolle beker vanjaar.
Kwarteind: 3 en 11 April: Sevilla t Bayern München; Juventus t Real Madrid.?4 en 10 April: Barcelona t Roma, Liverpool t Man City.
Tuisspanne eerste
Mourinho se kritici sê hy is gans te verdedigend in sy benadering, maar dis net die helfte van die waarheid. Dat hy g’n benul het hoe om skeppende sokker te bedryf nie, is die res. As die teenaanval die dag werk, is daar min dinge bestand teen Mourinho (en ’n vet beursie).
Selfs teen ’n span soos Sevilla dring hy egter daarop aan om soos die buiteperd te speel. Wag en kyk wat maak hulle. Slaan op die teenaanval.
Deesdae speel selfs spanne soos Barcelona – die span wie se tradisionele speelfilosofie Mourinho in beginsel teenstaan – egter op die teenaanval as dit moet. As Plan A iets proaktiefs verg, is die flambojante Portugees se permanente ingesteldheid Plan B. En as dit nie werk nie, Plan B. Sukkel dit? Plan B. By United is die ondersteuners en die base amper daarmee uitgekuier.Hiervandaan gaan Mou gou vou. Die loting laat die hoop ontvlam dat daar ’n slag spanne uit Europa se vier sterkste ligas in die halfeindronde teen mekaar te staan kan kom. ’n Engelse span is gewaarborg, met Liverpool boonop die enigste span wat Manchester City tot dusver in die Premierliga kon klop.
Bayern München sal beslis nie soos United gaan wegkruipertjie speel in Andalusië nie en die gebruiklike Bundesliga-kampioen sal byna vir seker met Sevilla afreken. Real Madrid en Barcelona is gunstelinge teen onderskeidelik Juventus en Roma, maar die Italiane is tog kapabel en skok die wêreld se tweede en derde rykste spanne. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie