Motorkade-ongeluk: Twee sterf
Lt.genl. Sebastian Ndeitunga, Namibië se polisiehoof, het die ongeluk waarby die motorkade van die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, Donderdag betrokke was, in ’n nuusverklaring die identiteit van een slagoffer bekend gemaak.
Mnr. Iiyagaya Sem Shafishuna, van Ekamba, die bestuurder van die private voertuig, het op die toneel gesterf.
Die gru-ongeluk het sowat 7 km van Oshivelo af op pad na Tsumeb plaasgevind.
Die motorkade, wat deur die Oshivelo-polisie begelei is, het na bewering trompop gebots met ’n Corsa-bakkie wat ’n vragmotor verbygesteek het.
Volgens die verslag het Nandi-Ndaitwah en haar bestuurder beserings opgedoen en is na Tsumeb se staatshospitaal geneem.
Van daar af is die adjunk- eerste minister per lugambulans vir verdere mediese behandeling na Windhoek vervoer.
Volgens die verslag is die lyfwag en die 15-jarige passasier wat saam met Nandi-Ndaitwah in die voertuig was, nie beseer nie.
Die bestuurder van die motorkade is in die Tsumeb-hospitaal opgeneem en is glo in ’n stabiele toestand.
’n Passasier, wie se naam nie bekend is nie, wat ook in die ander voertuig was, het ook op pad na die hospitaal gesterf.
Dié slagoffer was sowat 33 jaar oud en is nog nie geïdentifiseer nie.
Ndeitunga het sy medelye met die familie van die oorledenes betuig en die minister en haar bestuurder beterskap toegewens.
Hy het voorts gesê alle padgebruikers moet die padreëls gehoorsaam om die ongelukke te vermy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie