Motorfietsryer per helikopter na hospitaal vervoer
'n Suid-Afrikaanse motorfietsryer (53) is Vrydag per helikopter van die afgeleë Orupembe-kliniek in die noordweste van Namibië vir mediese behandeling na Swakopmund vervoer.
West Coast Safety Initiative sê op sy Facebook-blad die motorfietsryer, deel van 'n groep van vyf, het Donderdagmiddag naby Orupembe geval. 'n Ander motorfietsryer wat (gelukkig) 'n verkeerde afdraai gevat het, het op die ongeluk afgekom en die beseerde motorfietsryer na die Orupembe-kliniek geneem waar hy behandeling ontvang het. Weens die afgesonderdheid en beperkte infrastruktuur van die omgewing, is besluit om die beseerde per helikopter te vervoer.
'n Goeie aksieplan het verseker dat Heli-Xtract die pasiënt per helikopter na Swakopmund vir verdere behandeling kon vervoer. Aanvanklik het digte mis Vrydagoggend die sending vertraag, maar dit het op die ou einde suksesvol verloop. St. Gabriel-ambulansdienste het met die verdere vervoer van die pasiënt gehelp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie