Motorfietsongeluk eis twee lewens
Twee mense, 'n motorfietsryer en 'n voetganger, is Saterdag omstreeks 11:00 in 'n motorfietsongeluk in Onafhanklikheidsrylaan in Windhoek op slag dood. "Die motorfietsryer het van 'n westelike rigting vanuit Katutura na die middestad gery toe hy die voetganger naby die Windhoekse gevangenis getref het," het die woordvoerder van die polisie, ao. Lazarus Immanuel, gister gesê. "Die 49-jarige mnr. Diamande Kapoko, 'n senior korrektiewe beampte, wou die pad oorsteek toe die 30-jarige mnr. W.J. Koopman hom met die motorfiets getref het." Volgens hom word hoë spoed vermoed weens die groot skade aan die motorfiets en die impak van die ongeluk. - Foto Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie