Mostert-verhoor: Nog beskuldigdes gevoeg

Oudlanddros in hegtenis ná jare op vlug

05 May 2021 | Howe
Augetto Graig – Altesame 29 klagte is uitgelees toe die oudlanddros mnr. Walter (Rooies) Mostert vir die eerste keer Maandag in die Windhoek landdroshof verskyn het.

Die 61-jarige voormalige nasionale rugbyspeler word aangekla in verband met die verkryging van onwettige geboortesertifikate, identiteitsdokumente en paspoorte, afpersing en ook in verband met bedrog ter waarde van N$250 000.

Sy saak is tot 2 Junie uitgestel, hoofsaaklik om die staat die geleentheid te gee om nog vier beskuldiges by die saak te voeg.

Landdros Linus Samunzala moes elk van die 29 klagte in die hof uitlees, omdat die klagstaat nie vooraf aan Mostert se regsverteenwoordiger, mnr. Evert Gous, voorsien is nie. Die klagte handel oor die verkryging van valse geboortesertifikate, identiteitsdokumente en paspoorte vir mnr. Daniel Jacobus Pieterse, me. Else Pieterse, me. Petronella Pieterse en me. Anna Pieterse.

Mnr. Pieterse was glo ook betrokke by ’n bedrieglike eiendomsbelegging van N$250 000 en ook die slagoffer in ’n klag van afpersing ter waarde van N$90 000, waarskynlik betaal om te verhoed dat me. Sofia Pieterse in 2014 in hegtenis geneem sou word, vir die oorskryding van die tydperk waarin sy wettiglik in die land was.

Namens die staat het mnr. Dominic Lisulo die aansoek om borgtog teëgestaan, volgens hom omdat borg vir Mostert teen die belange van geregtigheid sou wees en omdat hy Mostert as ’n vlugrisiko beskou. Samunzala het borgtog geweier.

Mostert was vir sowat drie jaar voortvlugtig, vermoedelik in Suid-Afrika, en het volgens die polisiewoordvoerder adj.komm. Kauna Shikwambi op 30 April weer Namibië ingesluip. Wetsgehoorsame burgers het Mostert by ’n gastehuis op Keetmanshoop gesien en het die Namibiese polisie en het die Teenkorrupsiekommissie (ACC) hiervan ingelig. Die ACC het reeds in 2018 die publiek om hulp gevra om Mostert vas te trek.

Volgens Shikwambi het die polisie op 1 Mei ’n padblokkade opgestel en Mostert is naby Tses vasgetrek. Hy was op Seeis in aanhouding tot Maandag se verhoor.

Samunzala het ’n aansoek van die staat toegestaan om Mostert na die verhoorafwagtende afdeling van die Windhoek Sentrale Gevangenis te laat verskuif.

Ná die verhoor het Mostert gesê: “Met my hand op die Bybel, ek is onskuldig. Hulle het met vuil hande hof toe gekom.” Dit is nie duidelik na wie hy in dié stelling verwys het nie.

[email protected]


FOTO
Die oudlanddros mnr. Walter (Rooies) Mostert het Maandag in die landdroshof in Windhoek verskyn. Foto Augetto Graig

Soortgelyk

 

Ses sterftes, 177 nuwe gevalle

14 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar skuif met ses - vyf in Windhoek en een in Keetmanshoop -...

341 nuwe gevalle, een sterfte

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir die land staan op 683 ná die dood van 'n 52-jarige man van die Okakarara-distrik. Vandag is 341 nuwe gevalle aangemeld...

Britse miljardêr hoor Dinsdag oor borgtog

2 dae gelede | Howe

Mnr. Harvey Eric Boulter (51, foto), die Britse miljardêr en plaaseienaar van Kamanjab wat vandeesweek in die landdroshof op Outjo om borgtog aangesoek gedoen het,...

NBC-staking duur voort, 74 werknemers terug in die tuig...

2 dae gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug.Die voorsitter van...

Sinopharm deur WHO vir noodgebruik goedgekeur

2 dae gelede | Gesondheid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die Sinopharm-entstof teen Covid-19 vandag vir noodgebruik goedgekeur. Die enstof wat saam met Covishield/AstraZeneca in Namibië in die land se immuniseringsveldtog...

Sewe toets positief by NIP-laboratorium

2 dae gelede | Gesondheid

Sewe mense het positief vir Covid-19 by die Nasionale Insitituut vir Patologie (NIP) se laboratorium in Windhoek getoets wat by die instituut se hoofkantoor geleë...

8 sterftes, 92 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar het met nog agt - drie elk in onderskeidelik Windhoek...

Self-management and its impact in leadership

3 dae gelede |

Gabrielle BotelhoSelf-management is the second pillar of emotional intelligence. It is a competency that is composed by the following abilities: self-control, trustworthiness, conscientiousness, adaptability, achievement...

A lawyer’s dream

3 dae gelede | Mense

Rivaldo KavangaIt is many Namibian law students’ and lawyers’ dream to start their own law firm. Henry Shimutwikeni has achieved this by establishing his own...