Mostert sien rooi
Pogings sloer om ’n hoëprofielverdagte uit Suid-Afrika aan Namibië uit te lewer.
Denver Kisting – Mnr. Walter (Rooies) Mostert, ’n oudlanddros en bekende in rugbykringe, het gister sy humeur verloor toe hy om kommentaar genader is oor sy voortslepende hofsaak.
Hy het dit nie verwelkom toe Republikein hom skakel om te hoor wanneer hy sy onderneming nakom om in Namibië te kom pa staan vir die strafregtelike klagte wat hy in die gesig staar nie.
“Ek is gatvol vir hierdie k*k wat julle my aanmekaar bel,” het hy gebulder.
Hy het opnuut uitgevaar teen wat hy as leuens teen hom beskou.
Volgens hom is daar volgende week ’n geding in die Wes-Kaapse hooggeregshof, waartydens van dié beweerde onwaarhede aan die kaak gestel sal word. “Hierdie goed is Dinsdag op die lappe.”
Dít is ook wat in hierdie stadium sy beweerde beplande terugkeer na Namibië kortwiek, het hy gesê.
“Ek kan nie nou kom nie. As ek klaar is met die sake wat julle mense hier teen my maak . . .”
Mostert het deurgaans tydens die gesprek aangevoer hy het nie op die vlug geslaan nie.
“Ek het nie gevlug nie,” het hy gesê.
Op ’n vraag oor sy reaksie op bewerings dat hy op pad is China toe, het hy gesê: “Ek vlug nêrens nie.”
Hy het na wat verneem word familiebande in die Ooste.
Om sy punt te steun dat hy nie voornemens is om na die buiteland toe uit te wyk nie, het hy aangevoer hy het die huurkontrak vir sy tussentydse Bolandse tuiste laat verleng. “Ek het selfs hierdie plek se huur hernieu.”
Republikein het die afgelope week verneem Suid-Afrika se departement van justisie het die uitleweringsdokumente teruggestuur aan sy Namibiese eweknie met die doel om ’n paar tegniese punte reg te maak.
Me. Gladice Pickering, die adjunk- permanente sekretaris van justisie, het gister bevestig gesprekke tussen die twee lande is onderweg.
Volgens haar is sy nog nie ingelig oor die jongste wending nie. Sy het onderneem om die lêer te bekom en terugvoering oor die huidige stand van sake te verskaf.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het in September verlede jaar ’n beroep gedoen op lede van die publiek om met inligting na vore te kom wat tot Mostert se inhegtenisneming sal lei.
’n Maand nadat Republikein onthul het die aanklaer-generaal het gelas Mostert moet vervolg word, het die ACC ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming bekom.
Volgens mnr. Nelius Becker, die ACC se hoof van ondersoeke, word Mostert gesoek weens beweerde korrupsie, bedrog, afpersing, poging to regsverydeling én oortredings onder die immigrasiewet.
Die bewerings teen hom hou verband met talle eiendomstransaksies wat skeefgeloop het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie