Moria teen Elnatan, 'n regverdige speel
Die eerste rugbyspan van OK Foods Moria Privaatskool van Outjo het laas Saterdag belangrike ligapunte in die Momentum o.19-premierliga ingepalm deur sy wegwedstryd teen Pupkewitz Haval Elnatan Privaatskool op Stampriet te wen.
Michelline Nawatises
Die onderkaptein van Elnatan, DP de Jager, het gesê die wedstryd was maar moeilik en dat die uitslag regverdig was.
Dié hoërskolewedstryd, voorafgegaan deur ’n paar laerskolewedstryde, was die hoogtepunt van die dag en het die toeskouers op hul voete gehad. Moria se Bere het met 19-8 die knoop deurgehaak en het sodoende nege ligapunte teenoor Elnatan se drie verseker. Die Outjo-span het dus met een posisie opgeskuif sodat Elnatan nou in die laaste plek van die nege spanne is.

Die kaptein van Moria, DJ Holtzhausen, het gesê: “Ek is baie bly dat ons gewen het.” Volgens hom werk 'n goeie bak mieliepap die oggend voor die wedstryd altyd.
Die Moria-span moes ongelukkig dadelik ná die wedstryd die lang pad na Outjo aandurf. “Ons kan dalk nie nou ons oorwinning vier nie, maar Maandag sal ons seker maak daarvan,” het Holtzhausen bygevoeg. Die wedstryd was baie goeie vermaak en die spelers het hulle beste gedoen.
Hy het erken dat dit een van die moeilikste wedstryde was wat sy span vanjaar nog gespeel het.
“Elnatan se spelers het ’n sterk spangees en wou nie opgee sonder om ons 'n wedstryd te gee wat die moeite werd is nie,” het hy gesê.
In die enkele wedstryd laas Saterdag in die hoofstad moes die Schoemans-groep Windhoek Gimnasium Leeus in die tweede helfte alles uithaal om ’n oorwinning teen Samsung Windhoek Hoërskool (WHS) te verseker, berig Tielman van Lill.
Gimnasium was rustyd met 15-6 oënskynlik gerieflik voor, maar daarna het WHS sterk teruggeveg en was ongelukkig om uiteindelik met 19-20 te verloor.
• Rubicon Tsumeb Gimnasium bly ’n kragtige faktor as voorloper in die liga, wat reeds ses uit ses wedstryde gewen het.
Saterdag was die verdedigende kampioenskool van 2018, KMC/JCC Windhoek Afrikaanse Privaatskool, die nuutste slagoffer wat op Tsumeb tweede viool moes speel. Die eindtelling was 21-10.
• Die geskeduleerde wedstryde vir komende naweek (tuisspanne eerste): 13:00 Windhoek Hoërskool teen Elnatan; 13:20 Windhoek Afrikaanse Privaatskool teen Walvisbaai; 16:00 Pro-Ed Akademie teen De Duine.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie