Moria sluit 2015 op 'n hoë noot af
Privaatskool Moria op Outjo is ‘n klein skooltjie wat vir geen groot skool hoef terug te staan nie. In alle fasette presteer hulle.
Kultuur het in 2015 by Moria gepresteer met hulle Tienertoneelstukkie wat tydens die ATKV Tienertoneel kompetisie tweede geëindig het.
Met Moria se tradisies het dit net so goed gegaan, want hulle het hierdie jaar vir ‘n 20ste keer hulle immer gewilde vrugtekoeke gebak. Altesame 2 531 vrugtekoeke is die hele Namibië ingestuur.
Nuus vir die atletiekseisoen is dat Sanlam ‘n borgskap gegee het vir die Noorde Privaatskole atletiekbyeenkoms wat elke jaar in Februarie op Outjo aangebied word.
By Moria se sportprysuitdeling het die volgende kinders met trofeë huis toe gegaan:
Junior sportvrou van die jaar: Ilona de Jager vir haar prestasies in atletiek;
Junior sportman van die jaar: Johan Jansen van Rensburg vir sy prestasie as 0/13 Cravenweek-kaptein;
Senior sportvrou van die jaar:Estie Brand vir haar prestasies in atletiek en Namibiese hokkiekleure; en
Senior sportman van die jaar: Jan Roberts vir sy prestasies in atletiek en Noorde-rugby.
Heike Labuschagne is aangewys as die meisiehokkiespeler wat die beste vordering getoon het en Nico Krone het ? soortgelyke toekenning vir seunshokkie ontvang. Beste hokki spelers vir 2015 is Estie Brand en Raiden Germishuys.
Die beste 0/19-rugbyspeler vir 2015 is Henri Mostert soos aangewys deur die res van die span. Die 0/19-rugbyspeler wat die beste vordering gewys het, was Stephan Kruse.
Die beste 0/15-rugbyspeler vir 2015 is DJ Holtzhausen met Johan Jansen van Rensburg wat as die beste 0/13-rugbyspeler vir 2015 bekroon is.
Die beste netbalspelers is soos volg:
0/19 – Charlize Vermaak
0/17 – Mandie Krone
0/15 – Shane en Dalene Steenkamp
0/13 – Anya Potgieter
Die beste tennisspeler van die jaar is Maans Steenkamp.
Die beste gimnaste is Naude Krone en Erica Kesslauw.
Die sportspan van die jaar is die 0/13 rugbyspan, wat tot die kwarteindstryd gevorder het en by 2 verskeie Sewes rugbytoernooie as wenners aangewys was.
‘n Spesiale toekenning is ook op die aand aan Agnes Steenkamp oorhandig vir haar geweldige toewyding in sport, veral tennis.
Baie geluk aan alle sportseuns en meisies en ook aan alle afrigters!
Tydens die akademiesprysuitdeling is die volgende kinders as Dux leerlinge aangekondig:
Gr 1-3Daniele Britz
Gr 4-6Chardonay van Wyk
Gr 7-9Lourie du Plessis
Gr 10 -12Nanda Weakley
Baie geluk ook aan die volgende leerlinge wat tydens die akademiese prysuitdeling aangewys is as 2016 se leiers by die skool en by die koshuis:
LEERLINGRAAD - SKOOL:
? Mandie Krone (Hoofleier)
? Jacolene Hall
? Juretha v/d Westhuizen
? Lothar Cloete
? Henri Mostert
? Jan Robberts
KOSHUISPREFEKTE:
? Estie Brand (Hoofdogter)
? Heike Labuschagne
? Chantelle Marais
? Trudie Kruger
? Divan Steyn
2016 gaan verseker ‘n jaar wees wat groot dinge uit hierdie skooltjie sal kom. Hulle vier volgende jaar hulle 25ste bestaansjaar. As die oudste Afrikaanse Privaatskool in Namibië, was en is Privaatskool Moria baanbrekers in Afrikaanse, Christelike opvoeding, vir graad 1 tot graad 12. Hou gerus die media dop vir meer inligting ten opsigte van hulle feesvieringe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie