Moratorium op uitreik van brandstoflisensies opgeskort
Moratorium op uitreik van brandstoflisensies opgeskort

Moratorium op uitreik van brandstoflisensies opgeskort

Augetto Graig
Die ministerie van myne en energie het die moratorium op die uitreik van nuwe klein- en groothandelbrandstoflisensies opgeskort. Nuwe aansoek vir dié lisensies kan weer van vandag af gedoen word.

Die besluit volg nadat die ministerie die prosedures en vereistes in lyn met die wet vir petrolprodukte en energieregulasies gebring het. Die nuwe vereistes, riglyne en aansoekvorms is op die ministerie se webwerf of by die direktoraat vir petrolsake beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2026-06-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer