Moordsaak teen plaaswerker uitgestel
Denver Kisting – ’n Maand nadat die plaaswerker mnr. Lukas Kaskas Kashonga glo twee mense enkele ure ná mekaar in die Rehoboth-omgewing vermoor het, het hy Dinsdag weer in die hof verskyn.
Tydens dié vlugtige verskyning in die Rehoboth-landdroshof is die saak tot 15 Julie uitgestel sodat Kashonga se aansoek om regshulp verwerk kan word.
Die staat het borgtog opnuut suksesvol teengestaan.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die man het na bewering laat verlede maand ’n boer, die 51-jarige mnr. Hendrick Beukes, met klippe doodgeslaan.
Volgens haar het die voorval op Gagubib, ’n plaas 35 km buite Rehoboth, plaasgevind.
Shikwambi het gesê die slagoffer het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Enkele ure ná die eerste voorval het dieselfde beskuldigde glo sy minnares, me. Daniella Swartbooi, om die lewe gebring.
Shikwambi het gesê die man het glo vir Swartbooi met ’n Okapi-mes toegetakel.
Die tweede noodlottige voorval het in Rehoboth se Blok E-woonbuurt plaasgevind, het die polisiewoordvoerder gesê.
Shikwambi het toe gesê die motief vir albei moorde is onbekend.
Kashonga het dae ná die voorvalle op twee klagte van moord verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie