Moordenaar kry twee jaar tronkstraf
Gilbert Louw was 20 jaar oud toe hy sy suster op Oukersaand op Hentiesbaai met ’n mes doodgesteek het.
Kristien Kruger – Die 25-jarige Gilbert Louw, wat sy biologiese suster in 2016 vermoor het, is gister in die Windhoekse hoërhof tot twee jaar tronkstraf gevonnis.
’n Bakleiery het op Oukersaand in die Omdel-woonbuurt op Hentiesbaai tussen Louw en sy suster, die oorledene Jennifer Nicolene Louw (24), ontstaan. Sy het hom glo onder meer gebyt, waarna Louw haar tot buite die huis gevolg het en haar met ’n groot kombuismes met ’n 12 cm lange lem in die rug gesteek het. Sy het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Die onderonsie het glo oor kos gegaan.
Regter Claudia Claasen het tydens die vonnisoplegging genoem die voorval het voor sewe minderjariges plaasgevind.
“Die bakleiery het reeds tot ’n einde gekom, maar die beskuldigde was nie tevrede nie. Sy aksie was om haar terug te kry,” het Claasen gesê.
Volgens Claasen het Louw tydens die verhoor opregte berou oor sy optrede getoon.
“Mnr. Louw is ’n berouvolle eerste oortreder wat slegs 20 jaar oud was toe hy die misdaad gepleeg het en hy het reeds vier jaar in die tronk deurgebring.
Ons neem ook in ag dat die oorledene die geweld begin het,” het sy gister in die hof gesê.
Louw het aan die begin van sy verhoor onskuldig gepleit op die klag van moord en beweer dat hy die oorledene, nadat sy hom aangeval het, uit selfverdediging met die mes gesteek het.
MA VRA VIR LIGTE VONNIS
Louw se ma het tydens die verhoor vir die staat getuig. Sy het tydens haar getuienis gesê sy is baie hartseer oor haar dogter se lewe wat geneem is.
Hoewel sy teen Louw getuig het, het sy die regter gevra om ’n ligte vonnis te gee.
Louw is ook skuldig bevind op die aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer omdat hy tydens die voorval op 24 Desember ook sy suster se kêrel met ’n voorwerp geslaan het toe hy die bakleiery wou opbreek. Die kêrel het daarna gevlug en het sy letsel tydens sy getuienis in die hof gewys.
In sy getuienis het hy gesê hy het reeds die beskuldigde vergewe.
Op die klag van moord, het Claasen Louw tot twee jaar tronkstraf gevonnis en op die klag van aanranding het sy hom tot nog drie maande tronkstraf gevonnis, maar dié drie maande sal gelyklopend met die twee jaar tronkstraf uitgedien word en bly die totale vonnis slegs twee jaar. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie