Moontlike verwikkelinge by Internasionale Krieketraad
Krieket
Tielman van Lill
Die Internasionale Krieketraad (ICC) het Woensdag ingestem om die lot van twee komende internasionale toernooie in die volgende twee maande te ondersoek.
Die 2020 T20-Wêreldbeker is vir Oktober in Australië beplan.
Die 2021 Internasionale Wêreldbeker vir vroue, is vir Februarie en Maart in Nieu-Seeland op die boeke.
Ofskoon die grendelstatus weens die Covid-19-inval drasties in Nieu-Seeland en Australië verbeter het, heers daar steeds kommer by die ICC om die kampioenskappe in Oktober 2020 en Maart aanstaande jaar aan te bied.
Die ICC sê hy sal elke moontlikheid saam met regerings van deelnemende lande ondersoek om die twee elite kompetisies te laat voortgaan sonder om 'n gesondheidsrisiko vir spelers en beamptes, asook moontlike toeskouers in te hou.
Veral die reisbeplanning van spelers en beamptes van die vyftien deelnemende lande aan die 2020 T20-WB, is 'n logistieke nagmerrie.
Die hoogste prioriteit vir die ICC is die veiligheid van sy lede en toeskouers.
Die ICC sê die besluite wat geneem word, is in die beste belang van krieket.
Manu Sawhney, hoofbeampte van die ICC sê: “Die situasie rakende die wêreldwye Covid-19-pandemie verander daagliks. Ons wil graag elke geleentheid aangryp om die regte besluite te neem.
“Die gesondheid en welstand van iedereen wat by die Wêreldbeker betrokke sal wees, is 'n prioriteit vir ons. Elke besluit wat ons neem, hang regstreeks daarvan af.
“Ons sal net een kans kry om die regte besluit te neem, want daar sal nie ruimte vir die verkeerde besluit wees nie. Dus sal ons deurgaans met ICC-lede, televisie- en radiostasies, borge, regerings, asook spelers in verbinding wees om te verseker ons neem 'n ingeligte besluit.”
Vooruitsigte vir sportbyeenkomste in Australië lyk tans goed nadat die regering Vrydag aangekondig het 10 000 toeskouers sal aanstaande maand by wedstryde toegelaat word.
Die Namibiese Eagles sal saam met Nederland, Papoea-Nieu-Guinee, Ierland, Skotland, Oman, Pakistan, Australië, Indië, Engeland, Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Wes-Indië (verdedigende kampioen), Afghanistan, Sri Lanka en Bangladesj by sewe venues aan die uitdunrondes deelneem.
Die stede is Adelaide (Adelaide-ovaal), Brisbane (The Gabba), Geelong (Kardinia-park), Hobart (Bellerive-park), Melbourne (MCG), Perth (Perth-stadion), Sydney (SCG) waar die Windies gaan poog om hul derde wêreldtitel by die sewende T20-Wêreldbeker los te woel.
– icc-cricket.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie