Moody's verwag nu00f3g 'n groter skuldlas
Moody's verwag nu00f3g 'n groter skuldlas

Moody's verwag nóg 'n groter skuldlas

Nominale BBP-groei wat oorskat is en inkomsteprojeksies wat ooroptimisties was, is van die redes vir die regering se bultende skuldlas.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Die internasionale krediet­gradeerder Moody's Investors Services deel nie Namibië se optimisme dat die regering se skuldlas teen 2018-'19 tot sowat 40% van die land se BBP sal krimp nie.

Moody's verwag dit sal in dié begrotingsjaar 45,4% van Namibië se bruto binnelandse produk beloop, tien persentasiepunte hoër as die regering se drumpel van 35%. Luidens die minister van finansies, Calle Schlettwein, se jongste bestedingsraamwerk vir die medium termyn (MTEF) wil hy die skuldlas in 2018-'19 tot 40,1% van die BBP verminder – af van die beraamde 41,9% in die huidige begrotingsjaar en 42,1% in die vorige een.

In sy jongste jaarlikse kredietontleding beskryf Moody's die skuldlas as 'n uitdaging vir Namibië se kredietgradering van Baa3 – waarvan die vooruitsig verlede jaar van stabiel na negatief verlaag is. Die regering se skuld in vergelyking met sy inkomste sal net onder die mediaan van ander Baa-lande bly, verwag die gradeerder. Dit weerspieël die regering se “relatiewe sterk vermoë om belasting in te vorder”, aldus Moody's.

Volgens die gradeerder is sowat die helfte van die regering se skuld in buite­landse geldeenhede, vernaamlik Amerikaanse dollar, en het die land se wisselkoersrisiko toegeneem.

Luidens die MTEF sal die regering se totale skuld vanjaar na verwagting bykans N$71,7 miljard beloop, waarvan sowat N$28,4 miljard buite­landse skuld gaan wees. In 2018-'19 sal dit na raming tot sowat N$29,7 miljard styg en ongeveer 40% van totale skuld uitmaak.

“Namibië se kredietuitdagings sluit die skielike stygings in openbare skuldvlakke in, wat in 2016-'17 42,3% van BBP bereik het teenoor 26,2% in 2011,” sê Zuzana Brixiova, 'n visepresident en senior ontleder van Moody's, asook 'n medeskrywer van die jongste verslag.



'Geglip'

Volgens Moody's het die begroting in 2016-'17 “beduidend geglip” – gedeeltelik vanweë die nominale BBP-groei wat oorskat is en inkomsteprojeksies wat ooroptimisties was.

“Die regering se begrotingsglip het tot hoër leenbehoeftes gelei, wat op sy beurt tot 'n vinniger ophoping van staatskuld aanleiding gegee het. Om Namibië se aansienlike begrotingstekorte teen die agter­grond van swakker-as-verwagte begrotingskonsolidering te finansier, het boonop ­beduidende, dog tydelike, druk op plaaslike likiditeitstoestande geplaas,” sê Moody's.

Sy jongste verslag is bloot om die mark op hoogte te hou en is nie 'n krediet­graderingsaksie nie, beklemtoon­ Moody's. Namibië se Baa3-­gradering – die laagste op beleggersvlak – weerspieël die land se “sterk” groeivooruitsigte op medium termyn, sê Moody's.



Herstel

Die kredietgradeerder verwag 'n herstel in Namibië se diamante-, goud- en uraniummyne, asook 'n ommekeer in landbou wat ekonomiese groei in die komende jare sal aandryf.

Vir vanjaar verwag Moody's ekonomiese groei van 4,5%, gevolg deur 4,9% in 2018.

Regeringsinstellings wat “redelik” sterk is, weerspieël Namibië se rekord van voorspelbare beleid en ondersteun die land se kredietwaardigheid. Politieke stabiliteit en 'n geskiedenis om konsensus te bou, sal 'n ondersteunende makro-ekonomiese beleid en strukturele hervorming bevorder, sê Moody's.

Sou toewyding aan begrotingskonsolidering tot 'n merkbare verlang­saming en uiteindelik 'n ommekeer in skuldophoping lei, kan Namibië sy stabiele vooruitsig by Moody's herwin, aldus die kredietgradeerder. 'n “Beduidende” verbetering in die begrotings- én handelsbalans­tekorte en die likiditeitstoestand in die plaas­like mark sal ook help. Voorts sal 'n “wesen­like” verhoging in buitelandse reserwes – “gerieflik bó drie maande se invoere” – ook 'n hupstoot gee, sê Moody's.



'Veilig'

Die jongste Moody's-verslag is “merkbaar” stil oor Suid-Afrika se afgradering na rommelstatus, sê PSG Namibia.

Ondanks die noue bande tussen Namibië en Suid-Afrika wat handel en finansiële markte betref, meen PSG dus agentskappe beskou nie die kredietgraderings van dié twee lande as gekoppel nie. Die kredietgradeerders – Moody's en Fitch Ratings in Namibië se geval – is oënskynlik meer bekommerd oor die moontlikheid van 'n verdere begrotingsglip en die nadelige uitwerking wat dit op die land se skuldfinansieringskoste sal hê, sê PSG. Gegewe die omvang van die vereiste begrotingsbesnoeiings en die steeds wankelrige wêreldekonomie, meen PSG die risiko vir 'n beduidende begrotingsglip op medium termyn is “matig”.

“Totdat daar egter bewyse van só 'n beduidende fiskale glip is, lyk dit asof Namibië se beleggingsgradering veilig is,” sê PSG. Die land se gradering sal net indirek deur afgraderings in Suid-Afrika geraak word, deurdat dit groei kan verlaag of opbrengste op regeringseffekte kan verhoog, sê dié ontleders.

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.32 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.32 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.25/OZ DOWN -0.0056 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 979.60/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 83.76/BBP UP +0.90% | Platinum US$ 1 003.58/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.32 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.32 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.25/OZ DOWN -0.0056 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 979.60/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 83.76/BBP UP +0.90% | Platinum US$ 1 003.58/OZ UP +1.05%