Moodyu2019s sny SA groei tot onder 1% oor beurtkrag
Moodyu2019s sny SA groei tot onder 1% oor beurtkrag

Moody’s sny SA groei tot onder 1% oor beurtkrag

Tans word verwag die groei vir die jaar gaan net 0,7% wees.
Nellie Brand-Jonker – Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het die verwagting oor Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers vir 2020 tot onder 1% gesny.

Die vorige verwagting, in November, was 1%. Nou word verwag die groei vir die jaar gaan net 0,7% wees.

Die groei wat vir 2019 verwag word, is ook afwaarts aangepas en beloop nou 0,3%. Dié syfer word in Maart bekend gemaak.

“Ons skryf die volgehoue swak ekonomie in Suid-Afrika toe aan die flou vraag vanuit die private sektor – sowel huishoudelike besteding as investering – asook die nadelige uitwerking van wydverspreide kragonderbrekings op vervaardiging en die mynwese.”

Boonop word daar nou ook verwag die land se bruto binnelandse produk (BBP) gaan volgende jaar met minder as 1% groei, naamlik met 0,9%. Voorheen is verwag dit gaan 1,2% wees.

Die inligting is deel van Moody’s se jongste vooruitsig vir internasionale ekonomiese groei.

Suid-Afrika is onder vier opkomende lande wie se groeivooruitsig afwaarts aangepas is en daarmee die G20-lande s’n afgetrek het tot gemiddeld 2,4% vir vanjaar.

Dit sluit in China se groeivooruitsig weens die impak van die nuwe koronavirus.

Moody’s sê in sy verklaring die groeivooruitsig vir Suid-Afrika, Indië en Mexiko is wesenlik afwaarts aangepas, maar dit weerspieël eerder binnelandse probleme as eksterne faktore.

Die groeikoers vir die hele wêreldekonomie is met 0,2 persentasiepunte vir vanjaar verlaag.

“Die koronavirus-epidemie skep ’n nuwe risiko vir die vooruitsig van die begin van die stabilisering van wêreldwye groei vanjaar danksy die skietstilstand in die handelsoorlog tussen Amerika en China.”

Die groeiverwagting vir China vir vanjaar is tot 5,2% verlaag.

“Die uitbreking gaan eerstens en die meeste vir China raak deurdat dit die besteebare inkomste van verbruikers gaan verlaag wat betref vervoer, kleinhandel, toerisme en vermaak,” sê Madhavi Bokil, visepresident van Moody’s.

“Met die virus wat nog verder versprei in China en in ander dele van die wêreld, is dit nog te vroeg om ’n finale ontleding van die impak op die land en die wêreldekonomie te gee.”

Moody’s het ook die groeivooruitsigte vir Korea, Japan en Australië verlaag weens die krisis met die virus.

“Die skok vir China se ekonomie kan die stabilisering en herstel van ander ekonomieë deur handels- en toerisme-kanale benadeel.”

Die groeivooruitsig vir ontwikkelde lande is meestal onveranderd gelaat.

Moody’s sê Suid-Afrika se ekonomie het in die derde kwartaal van 2019 met 0,6% ingekrimp. “Ons verwag dat die voljaargroei gemiddeld 0,3% sal wees. Aanwysers oor nywerheidsproduksie en die aankoopbestuurdersindeks toon nywerhede bly swak. Sake- en verbruikersvertroue het ook die afgelope twee jaar afgeneem.

“Die reële BBP per capita het elke jaar die afgelope vyf jaar gekrimp. Die bestendige styging in die werkloosheidsyfer sedert 2018, wat nou op 29% staan, weerspieël die probleme om die groeiende arbeidsmag in die ekonomie op te neem.

“Die trae groei in ekonomiese aktiwiteite belemmer die pas waarteen werk geskep word.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%