• Tuisblad
  • Sake
  • Moody’s se vooruitsig vir banke ook nou ‘negatief’
Moodyu2019s se vooruitsig vir banke ook nou u2018negatiefu2019
Moodyu2019s se vooruitsig vir banke ook nou u2018negatiefu2019

Moody’s se vooruitsig vir banke ook nou ‘negatief’

Elvira Wood

Moody’s Investors Service het Dinsdag ná sy besluit Vrydag oor die vooruitsigte vir Suid-Afrika se skuldgradering ook die vooruitsigte vir die land se vyf groot banke na “negatief” verander.

Standard Bank, FirstRand, Absa, Nedbank en Investec se kredietgradering self bly onveranderd op Baa3.

Die aankondiging is in pas met sy vroeëre aankondiging oor die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa).

Moody’s sê in ’n verklaring die behoud van die banke se gradering “weerspieël hul finansiële profiele, wat tot dusver te midde van voortgesette uitdagings in Suid-Afrika se bedryfsomgewing veerkragtig was”.“Die vyf banke se raamwerke vir risikobestuur wat in die algemeen robuus is, hul solvensieprofiele en die verbetering in hul likiditeitsmetings, het in hul guns getel.”

Die negatiewe vooruitsig spruit hoofsaaklik uit die negatiewe vooruitsig vir Suid-Afrika se staatskuld omdat die banke beduidende hoeveelhede staatseffekte hou as deel van hul likiditeitsvereistes, wat hul kredietprofiel aan dié van die regering verbind.

Volgens Moody’s was die banke se blootstelling aan die staat teen einde Junie gemiddeld sowat 177% van hul kapitaalbasis.

Moody’s verwag ook dat banke oor die volgende jaar toenemend met slegte skuld sal sukkel.

Hoewel die banke en Acsa se kredietvooruitsigte na negatief verander is, het hulle vergeleke met Eskom lig daarvan afgekom.

Sy kredietgradering is verlaag tot Caa3 – die derde laagste moontlike vlak. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer