Moody’s maak ekonome swartgallig
Elvira Wood - Die kredietgradeerder Moody’s Investors Service het nou wel nie Suid-Afrika se kredietgradering tot onder beleggingsgraad verlaag nie, maar dit het nie gehelp om ekonome meer positief oor die ekonomie te maak nie.
Inteendeel, die 38 ekonome wat aan die Ekonoom van die Jaar-kompetisie deelneem, het hul vooruitsigte vir die ekonomie weer eens laer aangepas.
Hulle konsensusvoorspelling vir ekonomiese groei is nou net 1,14% in 2019.
In Maart het hulle nog groei van 1,27% voorspel.
Dit is selfs laer as wat die tesourie (1,5%), die Reserwebank (1,3%), die Internasionale Monetêre Fonds (1,2%) en die kredietgradeerders Moody’s (1,3%) en Standard & Poor’s Global Ratings (1,6%) voorspel.
Die standaardafwyking op dié voorspelling is ’n skamele 0,34, wat wys ekonome stem saam oor dié lae groeivooruitsig.
Die ekonome wat aan Netwerk24, Beeld, Die Burger, Rapport en Volksblad se Ekonoom van die Jaar-kompetisie deelneem, moet elke maand voorspellings oor 14 ekonomiese veranderlikes maak.
GOEIE RIGLYN
Dit gee ’n goeie riglyn van wat in die ekonomie kan gebeur en verbruikers en sakeondernemings kan dit in hul beplanning gebruik.
Dié maand het ekonome tyd gehad tot nadat Moody’s sy jongste besluit oor Suid-Afrika se kredietgradering op 30 Maart bekend gemaak het. Die meeste van hulle het besluit om eers vir dié aankondiging te wag voordat hulle hul nuwe voorspellings ingedien het.
Moody’s het Suid-Afrika se gradering onveranderd op Baa3 met ’n stabiele vooruitsig gelos. Dit is steeds een vlak bó beleggingsgraad.
Buiten vir ekonomiese groei, het ekonome ook ander aanpassings gemaak wat ’n groeiende pessimisme oor die ekonomie weerspieël.
Die nuwe voorspellings is:
· Rand-dollar-wisselkoers – van R13,92 (konsensus in Maart) tot R14,06 (konsensus in April) (0,56 –standaardafwyking);
· Rand-euro-wisselkoers – van R15,96 tot R16,04 (0,52);
· Goudprys – van US$1 316,78/fynons tot US$1 314,83/fynons (68,96);
· Platinumprys – van US$863,29/ons tot US$875,73/ons (67,45);
· Inflasiekoers – van 4,93% tot 4,91% (0,35); en
· Olieprys – van US$65,26/vat tot US$66,47/vat (3,36).
Ekonome het hul vooruitsig vir die prima rentekoers effens hoër tot 10,34% aangepas. Dit was 10,31% in Februarie en Maart.
Ekonome het steeds wyd uiteenlopende verwagtinge oor die tekort op die lopende rekening.
Die konsensusvoorspelling is nou ’n tekort van R165,71 miljard. Dit is teenoor die R170,20 miljard wat hulle in Maart en die R174,65 miljard wat hulle in Februarie voorspel het.
Die standaardafwyking is egter 24,81.
Die grootste tekort wat ’n ekonoom nou verwag is R218,6 miljard teenoor die tekort van R238 miljard wat ’n ekonoom in Maart verwag het.
Die laagste verwagting in April is R103 miljard. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie