Moody’s: Eskom-skuld óók nou deel van SA se kredietprofiel
Elvira Wood – Eskom se skuld kan Suid-Afrika sy beleggingstatus by die kredietgradeerder Moody’s Investor Service kos.
Dié kredietgradeerder het Woensdagnag laat in ’n nuwe navorsingsverslag gesê dat hy van nou af die staat se waarborge aan Eskom by sy vooruitsigte vir die land se kredietgradering gaan inreken.
Hoewel Moody’s voorheen altyd daarop gewys het dat hy bekommerd is oor die staatswaarborge aan Eskom, het hy dit nooit by sy berekeninge ingesluit nie.
“Die staat se steun vir Eskom in sy 2019-begroting asook die aankondiging dat die staat fondse aan Eskom gegee het om skuld te betaal wat in Maart 2019 betaalbaar was, wys die maatskappy is nie daartoe in staat om skuld te sonder die steun van die staat te betaal nie.
“Die gevolg is dat ons nou Eskom se skuld wat deur die staat gewaarborg word in ons oorsig van Suid-Afrika se algemene staatskuld van 2019 af insluit,” sê die gradeerder in die verslag.
Waar Moody’s tans voorspel dat Suid-Afrika se staatskuld tot 2023 sowat 65% van die bruto binnelandse produk (BBP) gaan beloop, waarsku hy dat dit selfs tot 70% kan styg as daar nie ’n oog gehou word op staatswaarborge wat aan Eskom gegee word nie.
Moody’s sê wel hy sluit net die staatswaarborge aan Eskom in wanneer hy na Suid-Afrika se kredietgradering kyk en nie Eskom as geheel nie.
Moody’s se waarskuwing oor Eskom kom dieselfde dag as wat pres. Cyril Ramaphosa gesê het dat Eskom sonder enige twyfel gered moet word.
Hy het aan beleggers wat Goldman Sachs se konferensie in Parktown, Johannesburg, bygewoon het, gesê “ons gaan nie toelaat dat Eskom vou nie”.
“As Eskom vou, vou die ekonomie en die land.”
Uitdagings
Die kredietgradeerder sê benewens die probleme by Eskom wat op die nuwe regering wat nou ná die verkiesing die leisels moet oorneem se skouers rus, sal hulle die volgende paar jaar sukkel om behoorlike ekonomiese groei te bewerkstellig.
“Terwyl Suid-Afrika sterk punte het, insluitend ’n gunstige staatskuldstruktuur en ’n groot getal binnelandse beleggers, sal die soewereine kredietprofiel waarskynlik steeds agteruitgaan, fiskale sterkte verswak en ekonomiese groei laag bly as beleid nie doeltreffend verander word nie,” sê Lucie Villa, senior kredietontleder en medeskrywer van die verslag.
“Swakker vooruitsigte oor beleid wat fiskale en ekonomiese sterkte ondersteun, tesame met enige tekens van afnemende veerkragtigheid teen skokke, sal druk op die land se gradering plaas.”
Moody’s is tans die enigste van die drie groot kredietgradeerders wat nog nie Suid-Afrika se staatskuld tot onder beleggingsgraad – oftewel rommelstatus – afgegradeer het nie. Die verslag is egter nie ’n besluit oor die land se kredietgradering nie, wat stabiel op Baa3 bly.
Ramaphosa het by dieselfde konferensie daarop gesinspeel dat hy noemenswaardige veranderinge aan sy kabinet gaan maak, juis om ekonomiese groei te bevorder.
“As ons wil hê die land se ekonomie moet groei, moet ons die kabinet herstruktureer.”
Hy sê daar gaan nou daarop gefokus word om die nasionale ontwikkelingsplan uit te voer.
“Een van die grootste probleme is dat planne nie geïmplementeer word nie. Ek wil dit nie meer hoor nie. Ons moet nou doen wat ons beplan,” het hy by herhaling gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie