Monte Christo word verleng
Die nuwe beplande dubbelpad sal Ongos Valley aan die hoofstad verbind.
Augetto Graig – Die Monte Christo-pad in Windhoek gaan teen ’n beraamde koste van N$40 miljoen verleng word.
Octagon Construction is aangestel om 4,7 km van die pad na die reuse-behuisingsontwikkeling, Ongos Valley, te teer en die projek sal na verwagting een jaar duur.
Die Windhoek-munisipaliteit se woordvoerder, me. Lydia Amutenya, het die ontwikkeling verlede week bevestig nadat die munisipaliteit die padwerke onlangs begin adverteer het.
Die publiek word ingelig oor die beplande gedeeltelike sluiting van Monte Christo waar padwerke verkeer sal belemmer.
Hoewel die nuwe pad eers vanaf die verste punt naaste aan Ongos geteer sal word, en die werk dan in ’n suidoostelike rigting na die kruisings van Matshitshi- en Bethaniestraat met Monte Christo sal beweeg, word motoriste gewaarsku dat daar ook by die kruisings van Outapistraat en Ivory Coaststraat met Monte Christo verkeersonderbrekings kan wees.
“Die betrokke dele van Monte Christo sal slegs vir inwoners oop wees. Padgebruikers word gevra om versigtig te ry en padtekens, spoedbeperkings en versperrings te gehoorsaam,” lui die advertensie.
Goeie nuus vir werklose inwoners van die nedersettings rondom Monte Christo is dat 39 werknemers uit dié deel van die dorp aangestel moet word.
Volgens Amutenya se inligting is 21 Windhoek-inwoners van die omliggende woonbuurte reeds vir die projek aangestel.
Altesaam 61 werksgeleenthede sal met hierdie projek geskep word, waarvan 36 reeds op dié deel van die Monte Christo-pad geskep is. Die nuwe pad sal ’n padreserwe van 40 meter insluit en die dubbelpad sal 11 meter breed wees met sypaadjies, straatligte en verkeersligte.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie