Monte Christo kry nuwe klaskamers
Op 12 Julie het die projekskool, Laerskool Monte Christo in Windhoek amptelik vraghouerklaskamers en 'n sopkombuis van die Ohlthaver & List-groep (O&L) ontvang. O&L se skenking beteken dat leerlinge nie meer in tente onderrig hoef te word nie. Twee mobiele klaskamers wat gedurende 2016 deur die groep oorhandig is, het ongeveer N$1 miljoen gekos en het 'n meer produktiewe leerruimte aan minstens 80 leerlinge voorsien. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie