Montblanc se sporthorlosies trek aandag
Die penvervaardiger Montblanc, wat twee dekades gelede Switserse horlosies begin vervaardig het, sê Rolex en Breitling nou die stryd aan met sy duur nuwe sporthorlosies.
Die handelsmerk, uit die stal van die Suid-Afrikaans gebore Richemont, stel vanjaar ’n nuwe reeks Timewalker-sporthorlosies bekend waarvan die tema vanjaar bergklim is – heel gepas vir ’n firma wat sy naam ontleen aan ’n bergspits in Frankryk. Montblanc het verlede jaar sy heel eerste reeks sporthorlosies bekend gestel met motorwedrenne as tema.
Montblanc staan reeds sterk in die pryskategorie €2 000 tot €4 000, maar probeer nou deurbreek in die kategorie horlosies van tot €6 000, volgens Davide Cerrato, besturende direkteur van die maatskappy se horlosieafdeling.
Die pryssegmente word al hoe mededingender omdat horlosiemakers probeer om kopers te lok deur beter waarde te verskaf, volgens die bestuur.
Die aanvraag na luukse horlosies van hoë gehalte het die afgelope vyf jaar afgeneem vanweë China se veldtog teen korrupsie en smokkelary. Dit het die wêreld se grootste mark vir Switserse horlosies laat krimp.
Baie handelsmerke het hul prys met soveel as 30% gesny, wat beteken dat meer vervaardigers op sogenaamde intreevlak meeding, volgens Cerrato.
Montblanc is ook besig om in die kategorie vir horlosies van €20 000 en duurder uit te brei met horlosies wat by Villeret, Switserland, vervaardig word. Dis waar die 160 jaar oue horlosiefirma Minerva, wat Richemont in 2006 gekoop het, geleë is.
Dié stukke sluit in enkelknoppie-chronograwe, wat teen €25 000 tot €30 000 verkoop word. So duur soos dit klink, is dit net ’n fraksie van die prys van horlosies gemaak deur Patek Philippe en Richemont se A. Lange & Söhne.
Cerrato sê die prysreeks van €6 000 tot €20 000 is een van die moeilikste segmente, want dit is die teikengroep van meeste Switserse horlosiemakers.
Die sporthorlosiereeks sal ook vir Montblanc ’n vastrapplek in die VSA gee omdat sowat 80% van sporthorlosies in dié land verkoop word.
Horlosies is dié week in die kollig omdat die Salon International de la Haute Horlogerie, ’n jaarlikse uitstalling vir luukse horlosies in Genève, Switserland, gehou word. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie