Monster-mielieoes in SA verwag
Monster-mielieoes in SA verwag

Monster-mielieoes in SA verwag

Die rekords gaan spat in Suid-Afrika waar mielieboere tans besig is om te stroop.
Ronelle Rademeyer
Riana de Lange - Suid-Afrika verwag vanjaar sy derde grootste mielieoes in die geskiedenis.

Boonop gaan boere baat vind by veel laer brandstofpryse en, danksy samewerking tussen Transnet en georganiseerde landbou, word vragskepe met noodsaaklike swaar landboumasjinerie en chemikalieë nou in hawens toegelaat.

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê die landbousektor verwelkom die regering se aankondiging dat die hele landbou-waardeketting vrygestel is van enige inperkings, met uitsondering van die verkope van alkohol en tabak.



Agri SA is dankbaar vir die samewerking met Transnet “wat uit sy pad gegaan het” om vragskepe in hawens toe te laat. Boere in die Wes-Kaap en Graan SA se kommer dat landboumasjinerie en chemikalieë wat noodsaaklik is vir die voorbereiding van graanlanderye in die Wes-Kaap nie betyds sou aankom nie, is dus bygelê, sê Van Zyl in ’n verklaring.

Maatskappye wat landboumasjinerie invoer, kon ook met Agri SA se hulp permitte van die regering bekom om abnormale vragte te vervoer en kon ingevoerde landboumasjinerie betyds vir die stroopseisoen by hul klante aflewer.

Nog goeie nuus vir die sektor is dat die konstruksie van infrastruktuur op plase en deur agribesighede ook goedgekeur is, lui die verklaring.

Die toegewings as deel van die vlak 4- inperking om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, kom ná syfers die afgelope week van die nasionale oesskattingskomitee dat ’n kommersiële mielieoes van 15,2 miljoen ton verwag word.

Dit is 35% groter as die 2019-oes, sê die komitee.

Paul Makhube, senior landbou-ekonoom by FNB Agri-Business, sê die verwagte mielieoes sal die derde grootste in die land se geskiedenis wees.

Die hoogste was in 2016-’17, toe 16,8 miljoen ton geoes is.

Die totale verwagte oes vir somergewasse vir die 2019-’20-seisoen is 17,5 miljoen ton, 2,61% meer as die komitee se vorige oesskatting ’n maand gelede.

Ander somergewasse waar ’n beter oes as verlede maand se skatting verwag word, is sojabone (+1,7% tot 1,3 miljoen ton) en grondbone (+11,43% tot 62 470 ton).

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd op 731 210 ton.

Makhube sê dis goeie nuus vir verbruikers omdat dit voedselinflasie in toom sal hou. Inflasie op kos en nie-alkoholiese drinkgoed was in Maart 4,2% op ’n jaargrondslag.

Hy sê die verlaging in die brandstofprys van tot R1,30 per liter petrol en sowat R2 per liter diesel beteken laer koste vir boere, wat nou moet plant en oes.

Dit sal ook goedkoper wees om kos te versprei. Meer as 80% van Suid-Afrika se graan word per pad vervoer.

Sowel Agri SA as die Rooivleisprodusente-organisasie verwelkom dit dat veeveilings op vlak 4 van die inperking kan voortgaan op voorwaarde dat streng higiëniese voorsorgmaatreëls geld en ’n maksimum van 50 mense ’n veiling bywoon.

Ander landbouprodukte soos wol en katoen kan ook opgeveil word.

Van Zyl sê kritieke landboudienste soos navorsing, inspeksies, sertifisering en gehaltebeheer is ook van enige inperkings vrygestel. Wyn en verskeie ander landbouprodukte kan uitgevoer word.

Wandile Sihlobo, hoofekonoom by Agbiz, het dié week in sy markoorsig geskryf vrese neem toe oor moontlike groter voedselonsekerheid in Afrika vanjaar, onder meer weens inperkings, swak oeste en verswakkende geldeenhede.

Volgens hom het Zimbabwe in 2019 onder droogte en oorstromings deurgeloop en stapeloeste is gehalveer. Die 2020-produksieseisoen het in soortgelyke slegte toestande begin. Die Internasionale Graanraad raam Zimbabwe se 2019-’20-mielieoes op 800 000 t. Dit is minder as die helfte van die land se jaarlikse verbruik van 2 miljoen t.

Sihlobo sê Suid-Afrika is ’n sterk landbouland en in die algemeen ’n netto uitvoerder van landbou- en kosprodukte.

Ondanks probleme in die vleisverskaffingsketting in Amerika, Brasilië en Kanada word geen probleme vir Suid-Afrika voorsien nie omdat die land min op vleisinvoer staatmaak, veral van beesvleis.

Suid-Afrika se jaarlikse mielieverbruik is sowat 11 miljoen t, wat veel minder is as vanjaar se oes van sowat 15 miljoen t wat verwag word.

Die Verenigde Nasies waarsku die getal mense wêreldwyd wat weens die ontwrigting van die koronavirus nie toegang het tot voedsame kos nie, kan tot 265 miljoen verdubbel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.27/OZ DOWN -0.0103 | Copper US$ 4.74/lb UP +2.80% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP UP +1.02% | Platinum US$ 1 000.55/OZ UP +0.74% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.27/OZ DOWN -0.0103 | Copper US$ 4.74/lb UP +2.80% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP UP +1.02% | Platinum US$ 1 000.55/OZ UP +0.74%