‘Mona Lisa’ was siek, sê kenners
‘Mona Lisa’ was siek, sê kenners
07 September 2018 | Internasionaal
Elsabé Brits - Lisa Gherardini, die model in die skildery Mona Lisa, was siek en haar toestand is nou gediagnoseer.
Sy het aan hipotireose gely. Haar skildklier het dus nie behoorlik gefunksioneer nie, lui navorsingsbevindings wat in Mayo Clinic Proceedings gepubliseer is.
Ander kenners het in 2004 tot die slotsom gekom dat sy ’n harttoestand gehad het – weens merke op haar vel en ’n samepakking van cholesterol in haar oë.
Maar nuwe navorsing toon dit kon eerder hipotireose gewees het, veral omdat sy 63 jaar oud geword het en sy gegewe die beperkte behandelings vir hartsiekte in die 16de eeu waarskynlik nie so lank sou geleef het as sy ’n harttoestand gehad het nie.
Die tekens van hipotireose is daar: Die hoë voorkop, die min, maar growwe hare, sy het geen wenkbroue nie, ’n gelerige velkleur en ’n moontlike vergrote skildklier, sê die navorsers van die Brigham & Women’s Hospital en die Harvard-Universiteit.
Die dieet gedurende die Renaissance, veral in Italië, het tipies te min jodium gehad en probleme met die skildklier is beduidend in baie skilderye. Baie groente en min vleis is geëet en hongersnood was altyd ’n gevaar. Seekos was skaars.
’n Paar maande voordat Gherardini vir die portret geposeer het, het sy die lewe geskenk aan ’n seun, Andrea, en sy kon ook inflammasie in die skildklier gehad het ná die geboorte. Wanneer ’n mens na haar hande kyk, is daar swelling op die regterhand.
Leonardo da Vinci het die skildery in opdrag van Gherardini se man, Francesco del Giocondo, geskilder. Hy het tussen 1503 en 1506 daarmee begin, maar dit eers in 1516 voltooi. Dit is sedert 1797 permanent in die Louvre in Parys. – Netwerk24

Soortgelyk
Kommissie vir grondeise aangestel
2 ure gelede | Regering
Vrou wat kraam se pelvis breek glo in staatshospitaal
2 ure gelede | Gesondheid
Kalender 22 Februarie
2 ure gelede | Kuns en vermaak
Weer vir 22 Februarie
2 ure gelede | Weer
Waardasierol is nietig
2 ure gelede | Howe
'Ek was 'n Judas wat vir mense gelieg het'
2 ure gelede | Howe
Tyd vir skoffel in die Ooste
2 ure gelede | Kuns en vermaak
Skaam en wild
2 ure gelede | Kuns en vermaak
UPM: Stel Reho-raadslede weer aan
2 ure gelede | Politiek
Kleinadvertensies