Momentum kan Eagles na Australië stu

Gerhard Erasmus en sy manne sal as buiteperde in Dubai bitter graag die hoër gerekende spanne een ná die ander wil skok.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Groot drama is in die vooruitsig vandat die eerste krieketbal môre net ná twaalfuur in Dubai afgestuur word in die Namibiese Eagles se aanslag om die wêreld te laat regop sit by die Internasionale Krieketraad (ICC) se T20 Wêreldbeker kwalifiseringstoernooi.

Namibië, 19de op die nuutste T20-wêreldranglys, en Nederland (18de) word vandag sommer met die intrapslag aan die diepkant ingegooi. Hulle is in groep A saam Bermuda (30ste), Kenia (29ste), Papoea-Nieu-Guinee (17de) en die toernooi se topgekeurde span Skotland (elfde) geplaas.

Nederland het reeds vir die 2020 Wêreldbeker in eendagkrieket (50 boulbeurte) gekwalifiseer en hou dus ’n moeilike eerste hekkie vir Namibië in. Dit is ’n botsing tussen twee spanne wat beide wil bewys hulle is in werklikheid beter as wat hul plek op die ranglys aandui.

Nederland het reeds drie keer tevore die T20 Wêreldbeker gehaal en sal hoogs gemotiveerd wees om weer skokoorwinnings soos teen Engeland in 2009 en 2014 te herhaal. Met talle spanlede wat graafskapkrieket in Engeland speel, sal die oranje span onder kapteinskap van Pieter Seelaar ’n moeilike span wees met die veteraan Ryan ten Doeschate en die voormalige Protea Roelof van der Merwe in hul geledere.

Met hul huidige momentum kan die Eagles beslis een van die ses lande word wat aanstaande jaar hul tasse vir die T20 Wêreldbeker in Australië pak. Dit sal een van die mees opspraakwekkende prestasies deur enige Namibiese sportspan wees en sal vele jare van naelskraapse, hartverskeurende verliese genees.Die Eagles het sedert die begin van 2019 ongekende groei in statuur en spelpeil beleef, wat hulle ’n sterk buiteperd maak.

Om te sê hulle beleef ’n droomtydperk vandat Pierre de Bruyn as hoofafrigter oorgeneem het, is geensins vergesog nie. De Bruyn en die voormalige superster van die Proteas, Albie Morkel, as sy hulpafrigter het ’n aggressiewe speelstyl in al drie fasette van die spel gevestig. Lang ure bestee is bestee om aan die Eagles se vaardighede en selfvertroue te slyp.Kaptein Gerhard Erasmus en sy span het in April vanjaar in Windhoek die land se eerste ICC-toernooi gewen (die laaste Wêreldkrieketliga divisie 2-kampioenskap, voor die skepping van die nuwe kompetisiestruktuur) en het terselfdertyd internasionale eendagstatus vir die eerste keer sedert 2003 verwerf.

Gedurende Meimaand het die span in Uganda opnuut geskitter deur die ICC Afrika-streek se kwalifiserende T20-toernooi te wen. Reën het ’n groot invloed op die toernooi gehad, maar die Eagles het weereens boaan geëindig met ’n oorwinning van 42 lopies teen Uganda.

In Dubai sal elke speler se bydrae van kardinale belang wees, maar dalk kan hul sukses in die draaiers lê. Uit die opwarmwedstryde wil dit voorkom of die kolfblaaie in Dubai die draaiboulers bevoordeel en manne soos Bernard Scholtz, Picky ya France en Zhivago Groenewald kan ’n beduidende rol in die veldtog speel.

Die Eagles se naatboulers soos JJ Smit, Jan Frylinck, Christi Viljoen, Tangeni Lungameni, die deurwinterde Craig Williams en selfs die jong Ben Shikongo kan met die kolf en bal hul merk in Namibiese krieketgeskiedenis maak.

Indien die linkshandige aanvangskolwer JP Kotzé sy oog en momentum inkry, kan die veldwerkers van opponerende lande gereeld sien hoe die sesse oor hul koppe seil, terwyl baie ook van Stephen Baard, Niko Davin, Karl Birkenstock en paaltjiewagter Zane Green se vertonings afhang.

Selfvertroue, aanpasbaarheid en temperament vir die groot oomblik speel ’n groot rol by enige sport en kan ook deel van die Eagles se suksesresep in die snikhete Dubai wees. Die Namibiërs sal hoop om sommer vroeg momentum op te bou.

Die spanne in groep B is Hongkong (20ste op T20-wêreldranglys), Ierland (14de), Jersey (25ste), Kanada (24ste), Nigerië (37ste), Oman (16de) en die VAE (12de).

Namibië se groepwedstryde: Môre om 12:10 teen Nederland. Sondag om 08:00 tn Papoea-Nieu-Guinee. Dinsdag 22 Oktober om 08:00 tn Skotland. Woensdag 23 Oktober om 08:00 tn Bermuda. Vrydag 25 Oktober om 12:10 tn Kenia. Saterdag 26/10 om 17:30 tn Singapoer.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%