Momentum bou op vir Eagles
Ná die onseker begin op 27/3 het Namibië vir PNG meedoënloos uit die pad gevee.
Tielman van Lill – Met sy eerste honderdtal in ’n internasionale T20-wedstryd het die Eagles-kaptein Gerhard Erasmus gewys hoe oorgehaal hy vir die naderende Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate is.
Erasmus-hulle het gister hul tweede (nie-amptelikte) opwarmwedstryd in Dubai teen Papoea-Nieu-Guinee met ’n reusagtige 84 lopies gewen.
Die Eagles, wat eerste ingestuur is, het ’n massiewe 249 lopies vir die verlies van drie paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte teen 12.45 opgestapel. PNG kon slegs met 165 vir 9 in 20 boulbeurte teen ’n makkerige 8.25 te antwoord.
Die Namibiese herstelpoging was oorweldigend nadat hulle op 27/3 (ná 4.1 bb) vir Stephen Baard (0), Zane Green (3) en Craig Williams (5) verloor het.
Hierna het die Eagles behoorlik opgedaag met Erasmus (uitgetree op ’n onoorwonne 129 van 60 balle, 12 viere, nege sesse) en David Wiese (66* van 32 balle, 8x4 3x6) wat saam met JJ Smit (42* van net 13 balle, 3x4 4x6) met die telling op loop gegaan het.
Erasmus het onderskeidelik 32 en 53 balle vir sy vyftig- en honderdtal gebruik.
Karl Birkenstock was puik met 4/33 in sy vier toegelate boulbeurte. Michael van Lingen (2/40 in 4) se twee slagoffers is beide deur Erasmus uitgevang, terwyl die kaptein boonop vir Simon Atai (7) uitgehardloop het.
Vir PNG teken Lega Siaka (33 van 23 b, 3x4, 2x6) die meeste lopies aan en Nosaina Pokana was met 2/36 hul voorste bouler.
Die Namibiërs het twee afdae voor hul volgende opwarmwedstryde teen Skotland (Saterdag) en weer PNG (Sondag).
• In Rwanda se hoofstad Kigali is Namibië se tweede eindposisie gister bevestig in die o.19 Afrika-uitduntoernooi vir die Wêreldbeker. Namibië het Nigerië in ’n reënverkorte wedstryd met ses lopies geklop, maar Uganda het Tanzanië verslaan om die toernooi te wen en die WB-plek te vat.
FOTO’s krieket Namibië
David Wiese (links) en Gerhard Erasmus het PNG gister stukkend gekolf.
Gerhard Erasmus het sy eerste honderdtal in ’n internasionale T20-wedstryd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie