Molapong se gedig aan die president
Augetto Graig
Keamogetse joseph (met ’n klein ‘j’) Molapong, of beter bekend as Mola, is ’n Namibiese digter en teaterlegende, wie se onafhanklike literêre werke die voortou in onder meer selfpublikasie in Namibië neem.
Hy is in Windhoek gebore en “vanaf die dorp genoem Katutura,” ’n kind van gemengde lokasie. Hy het sy skoolloopbaan aan Auas Primêr Skool en Jan Jonker Hoërskool voltooi en hy is vandag drie tale magtig.
Sy nuutste digbundel, A Poem to the President. A poem in 50 parts, is ’n lywige Engelse boekie – ’n bundel met slegs een gedig; voetsoolvlak-poësie wat vir die hoogste leierskap se ore bedoel is.
Elke deel van die 50 deel-gedig bestaan uit twaalf versreëls, waarvan hy in die eerste tien ’n kwessie identifiseer wat onder pres. Hage Geingob se aandag gebring moet word en die laaste twee reëls praat direk met die president, brei Mola uit. Elke deel kan ook alleen gelees word, byvoorbeeld:
“Intimate Violence
This tainted love we experience
Of social injustice, kleptomania
Has driven the nation into a lunatic
State of being, intimate violence
A passion and unmatched obsession
Of owning the wellbeing of another
The masses are degenerated, sunk
Into hideous tools of hurt, blackmail
Possessive individuals of blinded love
Valued with material wealth, slavery
Mr. President, everybody is blinded
By this market that is free, so lethal”
“Hage Geingob is in beheer van hierdie land. Dit is direk op hom gemik en kan nie gesensor word nie, of my stem kan nie stilgemaak word nie. Dit praat van tot onder in die voedselketting tot heel bo. Dit trek aandag,” sê hy.
“Dit is nie ’n bespotting van die president nie. Ek is nie teen die president nie. Ek wil hê hy moet sien wat voor die handliggend is, en besef daar is ook ander denke daaroor. Ek sê nie hy is ’n mislukking nie, eerder dat hy ’n stukkende administrasie van ’n vorige tydperk geërf het, en die wraak van die massas daarvoor moet verduur. Hy is die gesig van Namibië en ’n president wat ons toelaat om hieroor te praat. Hy vat die brandpunte aan,” sê Molapong. “Ek het nog nooit gesien hoe ’n vorige president so onbeskof aangespreek word nie, maar dit is ’n teken van sy verdraagsaamheid. Hy kry al die vure van ’n geskiedenis van korrupte nepotisme,” sê die digter oor die president.
Volgens die digter hoop hy die gedig trek die president se aandag, “maar ek is nie haastig nie. Ek wil hê hy moet eers gerugte daarvan hoor,” sê hy. Vir Mola is die groter doel van sy digbundel om Namibië se funksionele demokrasie en werkende vryheid van spraak uit te beeld.
“Namibiërs is so honger, ons kla net vir vyf minute, dan gaan soek ons kos,” sê hy met sy kenmerkende humor.
In haar resensie van A Poem to the President bring prof. Sarala Krishnamurthy Molapong se briljante sin van humor in oënskou, en sê hy handhaaf daarmee sy rol as visioenêr. Prof. Aldo Behrens noem Molapong ’n woordsmid van die hoogste graad in sy resensie. Die digbundel is by Mola beskikbaar en kos N$150. Kontak hom by 085 293 9333 of per e-pos by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie