Moet mense nu00f3u00fa sonder water wees?
Moet mense nu00f3u00fa sonder water wees?

Moet mense nóú sonder water wees?

Mandy Rittmann
JADE McCLUNE SKRYF:

Volgens ’n verslag deur Augetto Graig, "Stad se waterbeleid bly", in laas Vrydag se Republikein (25 Junie) laat blyk die woordvoerder van Windhoek Munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, dat sy nie rêrig weet hoeveel huishoudings se watertoevoer in die stad tot hede afgesny was nie.

Ek hoop me. Amutenya verstaan dat in haar pos sy eintlik verplig is om antwoorde aan die pers en die publiek te verskaf op alle redelike en belangrike vrae – veral vrae wat dringend is.

Haar antwoord beteken een van drie dinge: dat die kantoor nie in staat was om die nodige antwoorde te bekom van die betrokke department nie, nie daarvoor gevra het nie, of derdens, nie die informasie wil openbaar nie. In elke geval kom dit neer op pligsversuim. Die publiek betaal vir toegang tot die nodige en akkurate informasie.

Die verwaarloosde punt oor die water afsny in die hoofstad is iets waaraan ons nietemin aandag moet gee, alhoewel hulle dit dalk wil ontduik. Dit moet ondersoek word as ’n moontlike oorsaak (of ten minste ’n bydraende faktor) tot die skielike stygings in die aantal mense in die hoofstad en landswyd wat Covid-19-infeksie opdoen en omkom sedert die beleid in Mei/Junie hervat is.

Die data wys teen middel-April was daar 45 infeksies in Windhoek aan en een tot drie sterftes was weens Covid. Maar teen middel-Junie was daar omtrent 1 500 gevalle per dag en tot 55 sterftes is op een dag bekend gemaak.

Data dui daarop dat die infeksie vinnig landwyd versprei uit die hart van die stad. Landwyd het aktiewe gevalle gestyg van 4 000 aan die begin van Junie to omtrent 20 000 op hede. By tye is tussen 40% en 60% van toetse positief, wat dui op ’n ernstige krisis.

Daar kan verskeie faktore wees wat bydra tot die derde golf, soos byvoorbeeld die impak van die winter, asook die moontlikheid dat die Delta-variant, wat glo veel meer oordraagbaar is, alreeds die land binnegedring het.

Daar was geen soortgelyke styging laas winter nie. Aldus, kan dit nie net die seisoen wees nie?

Is dit moontlik dat die virus aangehits word deur die tekort aan water in sekere huishoudings, wat dit moeilik maak om die ketting van transmissie te breek? Dis wat ek dink.

As ons inderdaad die pandemie wil bekamp, moet ons bepaal of, en hoe groot 'n rol die afsny van water speel. En ons sal moet dink oor wat ons bereid is om te doen en in te ploeg om die pandemie se spoed te breek.

Dit behoort vir die stadsleiers voor die hand liggend te wees dat alhoewel ons geen beheer het oor die seisoene of die Delta-variant nie, hulle wel beheer oor watertoevoer het, wat mense meer vatbaar vir Covid-19 asook ander verhoedbare siektes kan maak.

Die feit is dat as gevolg van swak bepanning en noodlottige kortsigtigheid die land nou ’n uitermatige krisis in die gesig staar. Ons hospitale gaan gebuk onder die plaag, terwyl die mense wat die beleid maak self op private sorg aanspraak maak.

Die verspreiding van die infeksie het ’n skok- en domino-effek op ander noodsaaklike gesondheidsdienste, wat nog meer mense in gevaar stel.

Is die afsny van water wettig? Watter wet regverdig dit? Ek weet van 'n paar wette wat daarteen spreek.

Dit is iets waarop ’n goedgeletterde en wetgeleerde oog hom eintlik moet toespits, omdat selfs Jan Alleman kan sien dis ooglopend teenstrydig met ander wette, Artikel 8 van die Grondwet, asook vele verdrae wat Namibië onderteken het.

Kommentaar

Republikein 2025-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer