Moenie soos Mamma wees nie
Liewe Spruit,
Moenie soos Mamma wees nie.
Moenie jou hare soveel keer in jou lewe kleur dat jy later net drie op jou kop oor het nie. Ja, dis wonderlik om te eksperimenteer, en só vind jy uit waarvan jy hou, maar eksperimente kom soms met ’n prys. En soms sonder resultaat – ek weet steeds nie of ek meer van blonde, bruin, blou, pienk of rooi hare hou nie.
Moenie goeters wat professioneel gedoen moet word, self probeer doen nie. Soms is goedkoop duurkoop. Soos byvoorbeeld ’n Brazilian wax. Ek was dom genoeg om dit op varsity self te probeer doen. Uiteindelik het ek ’n week lank met was in my panty rondgeloop en klasgedraf, want ek het nie die moed gehad om dit af te ruk nie.
Moenie dronk mans saam met jou klas toe sleep nie, want ’n snorkende kêrel langs jou gaan jou net laat skaam kry, en jou dosent laat frons. En hy gaan jou én jou kwylende snorker uit die klas uit gooi. Los die dronk boyfriend volgende keer liefs in sy koshuiskamer.
Moenie jou filosofie-eksamen op jou 21ste verjaarsdag gaan skryf ná jy ’n bottel sjampanje gepolish het nie. Jy mag dalk erg filosofies voel, en daai vraestel selfs cum, maar die Fifth Avenue Cold Duck in jou hare gaan jou dosent wéér laat frons. En dan skryf hy dalk nie so ’n mooi verwysing vir jou soos wat hy kon nie.
Moenie drugs doen voor jy op ’n stripklub se verhoog klim nie. Jy mag dalk dink jy lyk sexy, maar die bloedspoor wat jy op die verhoog indans omdat jy in glas getrap het en niks gevoel het nie, laat die manne net in hul whiskeys frons. Die drugs sal ook nie jou baas beïndruk nie. Ja, selfs strippers kan gefire word.
Liewe Spruitjie, die beste dieet ooit is nié om vir ’n week op te hou eet nie. En dan op ’n sypaadjie in Melville, Johannesburg, ten aanskoue van ’n hele straat flou te word nie. Dit laat mense nie net frons nie, dit laat hulle ook weghardloop.
Moet ook nie deur ’n hek ry omdat jy te lui is om dit oop te maak nie. Dit sal jou bure net laat frons. En jou kind gaan dink jy's baie dom. En ’n paneelklopper kos baie geld. Luiheid maak mens arm.
Liewe Spruit, moenie met die verkeerde mans karfoefel nie. Maar as jy regtig moet, maak seker jy doen dit met ’n duikpak aan ná jy ’n histerektomie gehad het. Die tjorts is mens vind soms eers ná die gekarfoefel uit dit was die verkeerde man. Luister maar na daai rooi liggies in jou kop.
Spruitjie, moet asseblief nie ’n vis by ’n toilet afspoel en dink jóú spruitjies gaan niks agterkom nie. Hulle sal. En hulle sal dit vir ewig onthou. En hulle sal díkwels die spreekwoordelike ou koei/vis uit die sloot/toilet uitgrawe sodat jy nóóit vergeet hoe wreed jy is nie.
Moenie jouself op ’n date ooreet nie. Of te diep in jou glasie kyk nie. Moenie soos Mamma wees en met sterre in jou oë in die gawe kêrel se kar oeps omdat jy nie weet wanneer genoeg genoeg is nie. En dít boonop op die eerste date. Daai kêrel gaan vir lank nog daaroor frons.
Liewe Spruit, moenie te veel inkopiesakke alleen probeer dra nie. Niemand gee om of jy Rambo is nie, en mense frons as jou sakke skeur en jy nét agter die wegrollende wynbottel aanhol – die brood, melk en wortels eensaam en vergete op Woermann se vloer.
Moenie soos Mamma wees nie, Spruit, wees net lekker.
Maar as jy nie lekker kan wees nie, is ek any way lief vir jou.
Al laat dit jou frons.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie