Moenie dat eko-angs van jou ’n Chicken Little maak
Ronelle Rademeyer - Is dit net ek of voel julle ook soms soos Chicken Little wat gedog het ’n stuk van die hemel het op hom geval en die einde is in sig.
Ek moet stry teen die apokoliptiese beelde wat soms by my spook van ’n verskroeide aarde waarop ’n meedoënlose oorlewingstryd woed.
Desember op die plaas het dit gevoel asof ’n reusevergrootglas tussen ons en die son ingeskuif het en die aarde enige oomblik kan vlamvat. Vroegsoggens kon ons dit nog buite waag, maar later in die dag wou ons net soos ou, moeë plaashonde uitgestrek op ’n koel teëlvloer lê en hyg.
Die. Aarde. Word. Al. Hoe. Warmer.
En hoe koorsiger die aarde word, hoe erger raak die drogbeelde wat my treiter.
Maar net toe ek dog my varkies het nou almal die hok verlaat, lees ek nou die dag ’n artikel oor die toename in omgewingsangs, of eko-angs, by mense. Dit is ’n wesentlike en verstaanbare psigologiese toestand vanweë vrese oor wat die impak van klimaatsverandering op die ekologie en uiteindelik die mens se oorlewingsvermoë gaan wees.
Terwyl sommige lande met droogte en voedselnood worstel, kom mense in ander lande in erge vloede om en versuip gewasse op oorstroomde landerye.
Ek is moeg daarvoor om as paranoïes afgemaak te word deur mense wat steeds volhou aardverwarring is sommer nonsens en niks anders nie as die berekende fabrikasie van valshede om geld vir korporatiewe navorsingsreuse te genereer.
Klimaatverandering is ’n werklikheid en hou inderdaad ’n eksistensiële bedreiging in. Ek sal toegee dat alles nie voor die mens se deur gelê kan word nie en dat natuurlike siklisiese gebeure ook ’n rol speel – goed soos sikliese sonvlek-aktiwiteite en sogenaamde sonfakkels.
Die feit bly staan daar is rede vir kommer.
In ’n verslag getiteld “Mental Health and Our Changing Climate: Impacts, Implications and Guidance” kom sielkundiges van die Vereniging van Bekommerde Wetenskaplikes tot die slotsom dat al hoe meer mense stres ervaar oor die toekoms van klimaatstelsel en vrese oor ons voortbestaan beleef.
Vir lank was die fokus op die fisieke verliese wat mense weens klimaatsverandering kan ly, soos om geliefdes of hulle besittings en inkomste te verloor, of gedwonge te moet migreer.
Nou word daar ook op die geestesgesondheidsaspekte daarvan gefokus.
Volgens die navorsing ly tussen 25% en 50% van mense wat aan uiterste weersomstandighede blootgestel is, aan posttraumatiese stres.
Dink maar aan wat droogtes aan boere doen, of wat die Kapenaars deurgemaak het tydens die ergste waternood ooit.
Die simptome van eko-angs sluit in ’n gevoel van hulpeloosheid, depressie, vrees en verwarring.
Die oplossing?
Moet jou nie soos Chicken Little deur die massahisterie laat opsweep nie.
Lees soveel jy kan oor klimaatsverandering en bemagtig jouself met kennis.
En laaf die aarde deur die koolstofvoetspoor kleiner te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie