Moenie corona na ander plekke uitvoer
Moenie corona na ander plekke uitvoer

Moenie corona na ander plekke uitvoer

Dani Booysen
MOEDELOOS MOEG VIR POLITIEK SKRYF:

Na aanleiding van die artikel "Twee kante van kwarantyn" op 1 Julie.

Die ministerie is teenstrydig in wat hul sê en wat hul doen - solank hul "kennise" tog net kan munt slaan uit Covid-19! Wie besluit op die "geforseerde" gastehuise waar "verpligte" kwarantyn moet plaasvind en die pryse wat daarmee gepaard moet gaan?

Hoekom word net sekere "protocols" gevolg? In ander lande is 'n Covid-toets en selfkwarantyn genoeg?

Tweedens - Hentiesbaai moes gedwonge vir dae ingeperk word, maar nou kan geïnfekteerde gevalle volgens die media in die Youth Centre gehuisves word? Sekere munisipale amptenare "benefit" blykbaar deur huise te verhuur?

Het iemand dalk al net aan die impak van sulke onoordenkte besluite gedink?

Ons is moeg vir korrupsie en selfverryking in die land! Het ons dan niks uit die Fishrot-sage geleer nie, of het ons net geleer om skelmgeid meer wettig te maak?

Ek vra tog mooi: as die besluitnemers nie in staat is om deurdagte besluite te neem nie, konsulteer tog net ingeligtes.

Kommentaar

Republikein 2026-07-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer