Moeilike teenstanders toets Namibiërs

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Namibië behaal 158/10 (almal uit) teen Noordwes, maar buig steeds die knie.

Namibië se nasionale o.19-krieketspan is tans in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, waar hulle aan Krieket Suid-Afrika se o.19-Khaya Majola-kompetisie by Michaelhouse Skool deelneem.

Die krieketweek duur van 16 tot 20 Desember by dié beroemde privaatskool waar verskeie Suid-Afrikaanse sporthelde in die verlede gebrei is. Namibië het Maandag in sy eerste botsing teen Noordwes by die Meadowskrieketveld te staan gekom, maar die seuns moes egter duur skoolgeld teen hul meer gesoute teenstanders betaal.

Noordwes het eerste gekolf en Namibië het goed daarin geslaag om sy eweknie tot 166 vir tien te beperk. Vir Noordwes slaan Estiaan Schonfeldt 58 lopies (66 balle, 8x4, been voor paaltjie Mauritius Ngupita ) gevolg deur Francois Viviers met 27 (38 balle, 3x4, 1x6, vang Ramon Wilmot, boul Ettienne Beukes) wat sy span se tweede hoogste telling aanteken.

Namibië se Stefan Bezuidenhout beklink die speler van die wedstrydtrofee vir hom met ’n skitterende boulvertoning waar hy vyf paaltjies vir 28 lopies in 9.5 boulbeurte laat kantel. Bezuidenhout is van Gobabis en speel tans in sy eerste kompetisie vir Namibië en spog reeds met ’n leë boulbeurt wat hy Maandag afgestuur het.

Die draaibalbouler Nicol Loftie-Eaton trek 2/30 in sy ses boulbeurte plat met Mauritius Ngupita (1/43, 14 bb) wat goed ondersteun.

Die besoekers slaag byna daarin om die boulaanval van Noordwes te uitoorlê, maar kan net 154/10 op die telbord plaas. Ramon Wilmot (42 lopies, 102 b, 3x4, uitgehardloop Phemelo Sepati) en JC Balt (35, 50 b, 4x4, vang Sepati , boul Odirile Modikoane) is Namibië se toplopiemakers.

Vir Noordwes slaan Karabelo Matlawe (4/39) en Modikoane (3/25) toe om sewe slagoffers tussen hulle te deel. Namibië het met sy veldwerk gesukkel en verbrou drie vangkanse wat ’n massiewe verskil kon gemaak het.

Ses Namibiese kolwers word uitgevang waarvan twee op die grens- en vier binne die 30-metersirkel hul paaltjies wegsmyt. Stefan Bezuidenhout se briljante 5/28 teen uitgelese geselskap is die vierde beste syfers tot dusver in die kompetisie.

Mpumalanga

In sy tweede botsing van die Khaya Majola-week gister speel Namibië teen die Mpumalanga Rhinos by die Hilton-Weightman Smith-krieketveld.

Hulle wen die lootjie en besluit om eerste te kolf, maar die boulaanval van die Rhinos sny onverbiddelik deur die Namibiese kolfvertoning om hulle ná slegs 37.3 boulbeurte almal uit op 82/10 te laat.

Net Nicol Loftie-Eaton slaag daarin om ’n uitstekende 38 lopies (67 b, 4x4, 1x6) te slaan voor hy deur Akhulile Makatu (boul en vang) die trekpas gegee word. Die drie nulletjies, asook 1, 2, 4, 11 en 13 lopies op die Namibiese telkaart sal nog lank by die kolwers spook wat onnodig hul paaltjies weggegooi het.

Jacques Vosloo met 3/19 (9 bb, 3 leeg), asook Akhulile Makatu met 3/12 (10 bb, 5 leeg) voer ’n skrikbewind wat die Namibiërs sonder antwoorde laat.

Met die Rhinos voor die penne in hul kolfbeurt het die Namibiese boulers goed gevaar om Mpumalanga op 51/5 te laat styer. Alhoewel die Namibiërs ekonomies geboul het en Bezuidenhout opnuut die kolwers laat bonstaan het, het die Rhinos Namibië se telling met 83/8 in die 38ste boulbeurt verbygesteek.

Mpumalanga se laaste paaltjies word in die 43ste boulbeurt vir 94/10 platgetrek om met ’n voorsprong van 12 lopies te spog. Neil Henning (25, 57 b, 3x4, vang en boul Nicol Loftie-Eaton) en Zuan Swart (24, 104 b, vang en boul Ramon Wilmot) is die Rhinos se beste kolwers.

Vir Namibië laat Ramon Wilmot (4/12 in 4.4 bb), Stefan Bezuidenhout (3/17 in 5 bb) en Loftie-Eaton (2/5 in 5 bb, 4 leeg) die bal die praatwerk doen. Alhoewel Ettienne Beukes (0/7, 9 bb, 3 leeg) nie ’n paaltjie neem nie, is hy met 0.8 lopies per boulbeurt Namibië se mees ekonomiese bouler.

Tweede beurt

In Namibië se tweede kolfbeurt het hulle met ’n agterstand van 12 lopies gaan kolf.

Die plan was om Namibië se voorsprong tot 100 lopies te rek en dan Mpumalanga in te stuur om te kolf. Met slegs tien boulbeurte oor vir die Rhinos om te wen, moes sy kolwers net verdedigend kolf om ’n oorwinning te behaal.

Op sy beurt moes Namibië vyf paaltjies van Mpumalanga in die laaste tien boulbeurte laat kantel om ’n sege te bewerkstellig. Maar die laaste tien boulbeurte moes binne 18 minute afgestuur word.

Met Dian Neethling (17), JC Balt (9), Nicol Loftie-Eaton (51*, nie uit nie) en Ramon Wilmot (25*) voor die penne het Namibië 108/2 aangeteken om met ’n voorsprong van 96 lopies te gaan boul. Ongelukkig kon Namibië nie vyf slagoffers bewerkstellig nie en die Mpumalanga Rhinos wen die botsing met ’n gelykopuitslag.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%