Moedige stryd teen Okahandja-brand
Elvira Hattingh – Boere in die Okahandja-omgewing het gister teen saktyd nog moedig 'n brand bestry, wat deur mnr. Jan Balt as “buite beheer” beskryf is.
“Ons kon dit teen die Hochfeld-pad keer, maar dit beweeg nou in die rigting van Ovitoto,” het Balt gesê, wat ten tyde van die gesprek nog besig was om die vuur te probeer blus. Hy het toe gesê hy skat minstens 10 000 ha se veld het reeds afgebrand.
Nog 'n boer in die omgewing, mnr. Kerneels Horn, het gistermiddag gesê hy het help vuur slaan op 'n plaas suid van hom.
“Die vuur het Dinsdag teen die C31-pad, so 50 km vanaf die Otjiwarongo-pad in die veld ontstaan. Ons is nie heeltemal seker hoe dit ontstaan het nie.
“Die hele Okakangoberg het afgebrand; dis sowat 3 000 tot 4 000 ha se veld. Die wind dryf die vuur suidwes in die rigting van die Bobbejaan-pad,” het Horn gesê.
Mnr. Jaco Blaauw het foto's van die brand aan Republikein gestuur en gesê Schnabelsfelde Farming se dapper vuurvegters het vanaf Dinsdag tot 06:00 die volgende dag gewerk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie