Moederstad lok steeds nuwe beleggings
Moederstad lok steeds nuwe beleggings

Moederstad lok steeds nuwe beleggings

Francois Williams – Die res van die land se ekonomie is onder groot druk, maar Kaapstad lok steeds nuwe beleggings, volgens die jongste verslag van die Kaapstad Sentrale Stadsverbeteringsdistrik (CCID).

Die ekonomiese navorser Sandra Gordon het Dinsdag met die bekendstelling van die verslag gesê ses nuwe ontwikkelings van meer as R968 miljoen is reeds tot dusver vanjaar aangeteken, nadat die waarde van eiendom in die middestad van die 2016-’17- tot die 2018-’19-boekjaar met byna 40% tot R42,86 miljard gegroei het.

Daar is al 950 km se internetvesel in die middestad gelê wat aan 300 stadsgeboue internet verskaf en 400 WiFi-kolle geskep het.

Kaapstad het al 51 000 werkgeleenthede by inbelsentrums geskep, sê Gordon. Brittanje is die grootste belegger in die sakedienstesektor in die Kaapse middestad, en sy meen as Brexit gebeur, kan daar moontlik nog Britse beleggings in die sektor kom.

Hoewel meer kantoorruimte in die afgelope jaar in die stad leeg staan, het Kaapstad steeds die laagste leegstaansyfer vir kantoorruimte onder die vyf grootste stede in Suid-Afrika, wys die verslag.

Meer as 80% van die mense wat in die middestad woon eet minstens een keer per week uit en besoek ’n koffiewinkel, wat volgens Gordon wys dat die inwoners in die middestad help om die kleinhandelsektor aan die gang te hou.

Kaapse middestad in syfers:

· Waarde van eiendom: R42,86 miljard

· Eiendom wat in 2018 ontwikkel is: R2,798 miljard

· Eiendom in aanbou: R1,747 miljard

· Eiendom in beplanning: R4,296 miljard

· Totale kantoorruimte: 1 miljoen vierkante meter waarvan 11,8% leegstaan

· Totale winkelruimte: 266 478 m², waarvan 7% leegstaan

· Getal woonstelblokke in die middestad: 61

· Getal woonstelle wat in 2018 verkoop is: 361

· Gemiddelde prys/m² vir verkope in 2018: R35 431

· Gemiddelde prys per woonstel wat in 2018 verkoop is: R2,1 miljoen

· Gemiddelde grootte van woonstelle wat in 2018 verkoop is: 77,6 m²

Groeipotensiaal vir die stad lê volgens Gordon in halaal-toerisme, met Moslem-toeriste wat internasionaal met 30% groei. In 2017 was daar meer as 81 000 toeriste uit die Midde-Ooste in Kaapstad.

Die passasierskip-bedryf wys ook potensiaal, met een werkgeleentheid wat in Kaapstad geskep word vir elke 12 passasiers van plesierskepe wat in die stad aandoen.

Rob Kane, voorsitter van die CCID-direksie, verwag die totale waarde van eiendom in die middestad sal waarskynlik nog verander as die beoordeling van besware teen die Kaapstad-metro se onlangse waardasierol afgehandel is.

Gordon sê Kaapstad is nie heeltemal verskans teen die nasionale ekonomiese insinking nie. Dit wys in die daling in verkooppryse in sekere eiendomskategorieë vergeleke met ’n jaar gelede.

Ander nuwe tendense in residensiële eiendom in Kaapstad is studentebehuising asook mikro-wooneenhede, waar meubels weggepak of opgevou word as die persoon soggens gaan werk, en waar mense toenemend die goed wat hulle gebruik (selfs klere) eerder huur as besit.

Sakeondernemings in die middestad:

· Hotel- en reisondernemings: 161

· Argiteks- en ingenieursfirmas: 110

· Media-, kommunikasie- en advertensiefirmas: 101

· Konferensiegeriewe: 61

· Deelkantore: 17

· Maatskappyhoofkantore: 68

· Finansiële dienste: 201

· Inligtingstegnologie- en telekommunikasiemaatskappye: 117

· Nieregeringsorganisasies: 96

· Regsfirmas en advokaatkantore: 639

· Mediese sentra: 197

· Vrag-, verskeping- en in- en uitvoermaatskappye: 59 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%