Mobiele kliniek ontvang N$1,2 miljoen
Windhoek
Die FirstRand Namibia HOPE Fund het sowat N$1,2 miljoen aan die OmniCare Trust-mobiele kliniek geskenk om vir primêre gesondheidsdienste en vir Covid-19-toetse te gebruik.
“Die media beklemtoon daagliks die onveilige toestande waarin gesondheidswerkers moet funksioneer en die erns dat 'n tekort aan gesondheidswerkers tot lewensverlies kan lei.
“Daarom is ons dankbaar ons kan 'n bydrae maak om dié las te verlig,” het Operasie HOPE se spanleier, me. Bronwen Chase, gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie