Mnangagwa: Grace sielkundig onstabiel
President Emmerson Mnangagwa sê hy glo die voormalige Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, het teen die einde van haar man se lang heerskappy sielkundig onstabiel geword.
In 'n onderhoud met Brittanje se Financial Times, het Zimbabwe se nuwe president gesê die voorval wat hom oortuig het, was 'n vergadering wat Grace Mugabe in November 2017 gehou het waartydens sy gesê het Mnangagwa is 'n slang wie se kop vergruis moet word.
“Ek is daar gestraf asof ek 'n slang is. En om 'n slang te hanteer, moet jy sy kop vergruis. En die slang is Mnangagwa, ons moet die kop vergruis, nie die stert of die lyf slaan nie,” het Mnangagwa herhaal wat die presidentsvrou gesê het.
Die vergadering is gehou op die dag voor Mnangagwa deur Mugabe op 6 November afgedank is.
Mnangagwa het nie die vergadering bygewoon nie, maar gesê hy het na berigte daaroor geluister.
“Sy het berserk gegaan op daardie vergadering. Op daardie stadium glo ek nou dat sy nie sielkundig stabiel was nie,” het Mnangagwa gesê.
Hy het later in November van Mugabe oorgeneem nadat die weermag ingetree het om die 93-jarige leier te dwing om ná byna vier dekades te bedank.
KLEURLOSE GIF
Die Zanu-PF se jeugvleuel het 'n reeks saamtrekke verlede jaar georganiseer ter ondersteuning van beide Mugabe se presidentskap en Grace Mugabe se pogings vir 'n topposisie. Ondanks die kritiek, het Mnangagwa die meeste van die saamtrekke bygewoon, insluitend die een in Augustus waar hy beweer hy was doelbewus vergiftig deur opponente in die party. Hy het aan die Financial Times gesê sy dokters glo dat hy 'n dosis skaars “harde metaal arseen-gifstof” ingegee is.
“Hulle sê dit is kleurloos, smaakloos en die gebiede waar dit gevind kan word is moontlik twee . . . Rusland en Israel. So, dit is moontlik dat dit vanaf Rusland gekom het,” het hy gesê.
EUROPESE UNIE
Intussen het die Europese Unie (EU) gesê verkiesingsmonitors staan gereed om na Zimbabwe te gaan sodat die land binnekort vreedsame en regverdige verkiesings kan hou.
Ministers van buitelandse sake van die EU het Maandag in 'n verklaring gesê “die komende verkiesingsproses sal 'n belangrike stap wees” om die oppergesag van die reg in Zimbabwe te help hervestig.
Die ministers het aangedui dat die EU sy bande met Zimbabwe kan opgradeer as die land wet en orde herstel en hervorm.
Mnangagwa sê verkiesings kan in Mei of Junie gehou word. – News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie