MLR kies topduikvatter Conradie in droomspan
Rugby
Andrew Poolman – Wian Conradie se impak tydens sy eerste seisoen van professionele rugby in die VSA het tot sy insluiting in Major League Rugby (MLR) se gedugte en sterbelaaide droomspan vir 2021 gelei.
Tydens die keuringsproses is die stemme van 'n paneel van MLR-media, skeidsregters en statistiek-spesialiste getel.
Die Namibiese agtsteman se fenomenale seisoen vir die New England Free Jacks het 193 duikslae ingesluit – die gesamentlike meeste en gelyk met Rugby Atlanta se voormalige Griekwas-slot Johan Momsen.
Conradie is as die Free Jacks spelers se speler van die jaar bekroon. Hy was in 15 wedstryde onder meer 157 keer as baldraer ingespan en het 881 meter met die bal gevorder. Hy is een van elf lede van die droomspan wat meer as 900 minute speeltyd in die afgelope seisoen opgestapel het.
Die Namibiër sal dus 'n leemte by die klub van Boston laat, nadat hy onlangs 'n kontrak met die Engelse premierliga-klub Gloucester onderteken het. Hy het tevore ook een seisoen vir Doncaster Knights op die tweede vlak van die professionele spel in Engeland, die RFC-kampioenskap, gespeel.
Die MLR-droomspan vir 2021:
1 Chance Wenglewski (23 jaar, Rugby Atlanta), ses toetse vir VSA
2 Sama Malolo (23, Utah Warriors), tevore Melbourne Rebels
3 Dino Waldren (30, New Orleans Gold), 21 toetse vir VSA
4 Nate Brakeley (31, Rugby United New York), 25 toetse vir die VSA
5 Johan Momsen (25, Rugby Atlanta), tevore van Maties en Griekwas
6 Angus Cottrell (31, LA Giltinis), tevore van Melbourne Rebels
7 Lucas Rumball (26, Toronto Arrows), 37 toetse vir Kanada
8 Wian Conradie (26, New England Free Jacks), 19 toetse vir Namibië
9 Harrison Goddard (23, LA Giltinis), tevore van Melbourne Rebels
10 Matt Giteau (38, LA Giltinis), 103 toetse, 30 drieë en 698 punte vir Australië
11 DTH van der Merwe (35, LA Giltinis), 61 toetse en 38 drieë vir Kanada
12 Billy Meakes (30, LA Giltinis), tevore van Gloucester, Western Force en Australië 7s
13 Ben LeSage (25, Toronto Arrows), 18 toetse vir Kanada
14 Julian Dominguez (24, New Orleans Gold), Jaguares XV en Argentinië 7s
15 Mikey Te'o (28, Utah Warriors), 30 toetse en 16 drieë vir VSA

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie