MIV/vigsverwante sterftes neem af
Henriette Lamprecht - Die Amerikaanse President se Noodplan vir MIV/vigs-verligting (Pepfar) gaan van Oktober af, wanneer die volgende jaarlikse siklus vir finansiering begin, byna ’n miljard Namibiese dollar (US$73,7 miljoen) aan Namibië vir die bekamping van MIV/vigs skenk.
Dit is ’n effense verhoging op die huidige US$72,3 miljoen.
Volgens dr. Eric Dziuban, van die Amerikaanse sentrum vir die voorkoming en beheer van siektes, is 87% (199 999) van MIV-positiewe Namibiërs van hul status bewus.
Tans ontvang 186 000 Namibiërs behandeling vir MIV.
Sedert Pepfar in 2004 by die stryd teen MIV/vigs in Namibië betrokke geraak het, het die aantal MIV-infekterings van meer as 15 000 tot 8 000 en minder per jaar gedaal.
Die aantal vigsverwante sterftes het ook afgeneem van 10 000 tot minder as 8 000 per jaar.
Sowat 7,84% per 1 000 mense tussen 15 en 49 jaar is nuwe MIV-infekterings.
In dieselfde ouderdomsgroep is die voorkomssyfer van 13,8% uit ’n 1 000 mense.
Volgens Dziuban word een uit elke 10 mense in Namibië met die MIV-virus geïnfekteer en is daar daagliks 25 nuwe infekterings in die land, en 11 MIV/vigsverwante sterftes per dag.
Teen einde September verlede jaar het 169 081 Namibiërs ARV-behandeling in die openbare sektor ontvang. Pasiënte in die private sektor op dié behandeling word op 18 600 beraam, wat ’n totaal van 185 000 Namibiërs is wat tans dié behandeling ontvang.
Die hoogste voorkoms van MIV/vigs is streke in die Noorde van die land, wat insluit die Oshana-, Omusati-, Ohangwena- en die Kavango-Oos- en –Wesstreek.
Die laagste voorkoms van die siekte is in die Omahekestreek met 7,3%.
Volgens huidige data ontvang 70% van mense met MIV behandeling wat die virus suksesvol onderdruk.
So iemand het volgens Dziuban die grootste kans op ’n gesonde lewe, terwyl die risiko ook verminder om die siekte oor te dra.
Pepfar is in 2003 bekend gestel en het ’n jaar later ’n vennootskap met die Namibiese regering begin.
Pepfar werk nou saam met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), wat strook met Namibië se nasionale strategiese raamwerk vir MIV.
Ministeries wat ook by hul programme betrek word, sluit die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, asook van geslagsgelykheid en kinderwelsyn in.
Ander skenkers sluit die Wêreldfonds en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) in.
Pepfar ondersteun Namibië op drie strategiese gebiede.
Dit sluit in die voorkoming van MIV-oordrag, die versorging en behandeling van mense wat MIV-positief is, sowel as die versterking van die openbare gesondheidstelsel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie